Po­li­sie in Wol­se­ley groet hul kol­le­ga

Die Burger - - 4 - Jackie Kru­ger A.o. P­hil­li­pus Ca­litz

Hy was ’n toe­ge­wy­de en pligs­ge­troue po­li­sie­man en al­tyd be­sorg oor sy kol­le­gas.

So be­skryf kol­le­gas vir ao. P­hil­li­pus (F­lip­pie) Ca­litz (49), die hoof van sig­ba­re po­li­si­ë­ring by die po­li­sie in Wol­se­ley, wat ná ’n siek­te ge­sterf het.

Vol­gens in­lig­ting van die po­li­sie in Wol­se­ley het Ca­litz vroeg in Ju­lie siek ge­word en is hy in die Me­di­cli­nic in Wor­ces­ter op­ge­neem. Hy was se­dert­dien in die hos­pi­taal en is Vry­dag daar dood.

Sers. Me­ryll A­fri­ca, woord­voer­der van die po­li­sie in Wol­se­ley, sê Ca­litz se kol­le­gas be­skryf hom as ’n toe­ge­wy­de, pligs­ge­troue wer­ker wat nooit ge­skroom het om aan hul­le raad te gee nie. “Hy was te al­le tye be­sorg oor hul wel­stand.”

Vol­gens die po­li­sie is ’n ge­denk­diens vir Ca­litz Dins­dag voor die Ca­litz-wo­ning in Wol­se­ley ge­hou. Die diens is by­ge­woon deur fa­mi­lie­le­de, genl.maj. Nomt­het­he­le­li Me­ne, die groep­be­vel­voer­der, tal­le of­fi­sie­re, po­li­sie­le­de van Wol­se­ley en om­lig­gen­de po­li­sie­kan­to­re, ver­teen­woor­di­gers van an­der staats­de­par­te­men­te, buurt­wag­te en plaas­wag­te.

Ca­litz word oor­leef deur sy vrou, Il­ze, as­ook ’n seun en ’n dog­ter.

Hy het hom in 1991 by die po­li­sie aan­ge­sluit en was se­dert 1994 by die po­li­sie in Wol­se­ley werk­saam. Hul­de­bly­ke vir Ca­litz het ook op Fa­ce­book in­ge­stroom, on­der meer op die Fa­ce­book-groep “Ho­ër­skool Wol­se­ley” waar hy in 1989 in ma­triek was.

Men­se het Ca­litz op Fa­ce­book be­skryf as ’n goeie po­li­sie­man en mens, en vol­gens hul­le was hy die steun­pi­laar van die Ca­litz-fa­mi­lie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.