Re­des vir wa­ter­ta­rie­we is on­oor­tui­gend, sê Kaap­se Ka­mer

Die Burger - - 6 - Mal­her­be­ Nie­na­ber

Die re­des wat die Kaap­stad-me­tro aan­voer vir sy wa­ter­ta­rie­we gaan waar­skyn­lik nie sy be­las­ting­be­ta­lers oor­tuig nie, sê die Kaap­se Ka­mer van Koop­han­del en Ny­wer­heid.

Ge­off Ja­cobs, pre­si­dent van die ka­mer, het hom gis­ter op hul Fa­ce­book-blad sterk uit­ge­spreek teen die vol­ge­houe hoë wa­ter­ta­rie­we ter­wyl die mees­te dam­me vol of by­na vol is. Ja­cobs sê dit blyk die hoof­re­de vir die hoë ta­rie­we is om ’n “vas­te en be­sten­di­ge in­kom­ste vir diens­te te ver­se­ker”.

“So, die prys wat vir wa­ter ge­vra is, word heel­te­mal be­paal deur die me­tro se be­hoef­te aan geld. Dit is hoe­kom die ta­rie­we op­ge­stoot is ty­dens die droog­te.

“Dit het niks te doen ge­had met die leë dam­me nie.”

Vol­gens Ja­cobs was die droog­te net ’n “nut­ti­ge ver­sko­ning” om meer geld van be­las­ting­be­ta­lers te kry.

Hy sê met dié dat Ka­pe­naars, selfs na­dat die droog­te ver­by is, voort­gaan om wa­ter te be­spaar, “het die me­tro een­vou­dig wa­ter­ta­rie­we hoog ge­hou om vir die in­kom­ste­ver­lies op te maak”.

Xant­hea Lim­berg, bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­lid vir wa­ter en af­val, het Dins­dag ge­sê die me­tro oor­weeg om wa­ter­ta­rie­we te ver­laag, “maar dit kan nie met die ri­si­ko van aan­sien­li­ke te­kor­te ge­paard­gaan nie. Die laag­ste ta­rief­vlak – die wa­ter­wys­ta­rief son­der be­per­kings – word oor­weeg. Dit is aan­sien­lik la­er as die hui­di­ge ta­rie­we on­der vlak een van die wa­ter­be­per­kings”.

’n Fi­na­le be­sluit oor die ta­rie­we sal in oor­leg met die na­si­o­na­le de­par­te­ment van wa­ter en sa­ni­ta­sie ge­neem word ty­dens die be­plan­ning vir die ko­men­de hi­dro­lo­gie­se jaar, saam met die an­der mu­ni­si­pa­li­tei­te en wa­ter­ra­de wat die dam­me deel.

Lim­berg het in ’n ver­kla­ring her­haal dat die me­tro nie vir wins of ’n sur­plus van wa­ter­ver­ko­pe be­groot nie en pro­beer om diens­le­we­rings­kos­te so laag moont­lik te hou. “Die ta­rie­we on­der vlak een is die twee­de laag­ste vlak en is veel la­er as ty­dens die erg­ste van die droog­te.”

Die vas­te ba­sie­se hef­fing sal van krag bly. Lim­berg be­na­druk dit is nie ’n straf­maat­re­ël of by­be­las­ting nie, maar deel van die al­ge­he­le ta­rief­struk­tuur wat help om vir wa­ter­diens­te te be­taal.

In­wo­ners wat as be­hoef­tig ge­re­gis­treer is, word van die hef­fing vry­ge­stel en ont­vang steeds ’n gra­tis toe­wy­sing van wa­ter.

Vol­gens Lim­berg ver­koop die me­tro nou so­wat 30% min­der wa­ter as voor die droog­te, ter­wyl by­ko­men­de kos­te vir aan­vul­len­de wa­ter­bron­ne aan­ge­gaan word. Huis­hou­dings ont­vang ook nie meer ses ki­lo­li­ter wa­ter gra­tis per maand nie om­dat dit nie vol­hou­baar in Kaap­stad is nie.

Die stad se ge­mid­del­de wa­ter­ver­bruik het die af­ge­lo­pe week ge­styg van 647 mil­joen li­ter per dag tot 666 mil­joen li­ter. On­der vlak 1-wa­ter­be­per­kings is die mik­punt min­der as 650 mil­joen li­ter per dag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.