Co­vid-19 is min­der­heid van ge­val­le

‘Meer kin­ders val uit bo­me’

Die Burger - - 6 - Ja­na­ B­rey­ten­bach

Dok­ters van die nood­een­heid by die Rooi Kruis-kinderhosp­itaal sê in die tyd van in­per­king is daar meer kin­ders met ge­wo­ne be­se­rings in hos­pi­ta­le op­ge­neem as kin­ders met die ko­ro­na­vi­rus.

Die een­heid het van­jaar se sy­fers met dié van 2019 ver­ge­lyk en ge­vind meer kin­ders het weens brand- en val­be­se­rings na die hos­pi­taal ge­kom vir me­die­se hulp.

Die mees­te van die kin­ders het uit die bed of bo­me ge­val ter­wyl hul­le speel.

Lui­dens die ver­kla­ring is vol­was­se­nes meer deur die pan­de­mie ge­raak, maar dit be­te­ken nie kin­ders is nié ge­raak nie. Hul­le is steeds kwes­baar vir an­der be­se­rings. En dit hou nie op as daar ’n staat van in­per­king is nie, lui die ver­kla­ring.

Een so ’n ge­val is dié van Jineil Jaf­ta (11) van Knys­na, wat op 2 Ju­nie deur hon­de aan­ge­val is. Die be­se­rings aan sy reg­ter­arm was so erg dat dit ge­am­pu­teer moes word. Hy is on­langs uit die hos­pi­taal ont­slaan en sterk tans tuis aan.

Kin­ders van oor die land heen word na die Rooi Kruis­kin­der­hos­pi­taal ge­stuur en min­stens 45 000 pa­si­ën­te word jaar­liks daar be­han­del.

Prof. Se­bas­ti­an van As, hoof van die trau­ma­saal in die nood­een­heid, dr. T­ho­za­ma Siyo­tu­la, re­gis­tra­teur van pe­di­a­trie­se o­pe­ra­sies, en Yo­lan­de Ba­ker, hoof van C­hilds­a­fe, is ge­vra om die sy­fers te ver­ge­lyk om te sien of daar ver­skil­le is weens die pan­de­mie.

Van As het ge­sê na­dat die in­per­kings­tyd be­gin het, het die ge­tal­le ver­an­der.

Meer kin­ders is van­jaar op­ge­neem na­dat hul­le ge­val het of brand­won­de op­ge­doen het. By­na die helf­te van die op­na­mes was weens val­be­se­rings.

“Van die kin­ders het uit die bed ge­val of uit bo­me en selfs ter­wyl hul­le speel,” het Van As ge­sê.

Ba­ker sê ’n mens kan nie keer dat kin­ders val nie, maar ty­dens die in­per­king is daar ma­nie­re om hul­le te be­skerm.

Brand­won­de het ook toe­ge­neem, met vloei­stof- en kon­tak­won­de wat die mees­te voor­ge­kom het.

Siyo­tu­la het by­ge­voeg be­ne­wens die brand­be­se­rings, is daar ook kin­ders, soos Jaf­tha, wat deur hon­de ge­byt is, voet­gan­gers wat raak­ge­ry is en kin­ders met skiet­won­de.

Daar­om sa­mel die hos­pi­taal geld in om die nood­een­heid uit te brei en te ver­be­ter.

Lui­dens die ver­kla­ring sal die op­knap­ping R122 mil­joen kos, waar­van R86 mil­joen reeds in­ge­sa­mel is.

Hul­le het nog R36 mil­joen no­dig om die droom ’n werk­lik­heid te maak.

Fo­to: VER­SKAF

Le­o­nie­Jaf­ta­sit­by­haar­seun­Jineil(11)­ se­ bed­ in­ die­ Rooi­ Kruis-kinderhosp­itaal.Hy­ is­ hier­ be­han­del­na­dat­hon­de­hom­aan­ge­val­en­erg­be­seer­het.­Dok­ters­kon­nie­sy­reg­ter­arm­red­ nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.