Tot 378 000 in VSA dalk teen De­sem­ber dood

Die Burger - - 6 -

A­me­ri­ka se do­de­tal weens die ko­ro­na­vi­ruspan­de­mie het Dins­dag die 200 000-kerf ver­by­ge­steek – die hoog­ste do­de­tal van e­ni­ge land ter wê­reld.

Daar­be­ne­wens meen die ge­sond­heids­in­sti­tuut van die U­ni­ver­si­teit van Washing­ton dat dié sy­fer teen die ein­de van die jaar met ’n daag­lik­se do­de­tal van tot 3 000 per dag 378 000 kan wees.

Tot dus­ver is so­wat 6,9 mil­joen be­ves­tig­de ge­val­le in die land aan­ge­meld.

P­res. Do­nald Trump het Dins­dag op ’n nuus­kon­fe­ren­sie die sterf­tes as “’n jam­mer­te” be­stem­pel en ge­sê dat C­hi­na die vi­rus moes ge­keer het.

Hy het ge­sê in­dien hy nie in­ge­gryp het en die land se gren­se ge­sluit het nie, sou “twee tot drie mil­joen of selfs meer men­se ge­sterf het”.

“Dis ’n aak­li­ge ding. Moes nooit ge­beur het nie. C­hi­na het dit laat ge­beur, ont­hou net dit,” het hy ge­sê.

Vol­gens in­lig­ting wat Reuters in­ge­sa­mel het, is daar tans el­ke week ge­mid­deld 800 Co­vid-19-sterf­tes per dag in die land. ’n Piek van 2 806 daag­lik­se sterf­tes is op 15 A­pril aan­ge­meld.

Trump het in A­pril op ’n Co­vid19-in­lig­ting­ses­sie van die Wit­huis se taak­span voor­spel dat 65 000 men­se aan Co­vid-19 sou sterf.

Slegs twee we­ke la­ter is hier­die voor­spel­de do­de­tal op 1 Mei ver­by­ge­steek. Teen 23 Mei het die land deur die 100 000-kerf ge­breek, en dit het net 65 dae ge­neem om die

150 000-kerf te be­reik.

Die de­mo­kra­tie­se pre­si­dents­kan­di­daat, Joe Bi­den, het Dins­dag die re­kord­ge­tal sterf­tes op T­wit­ter ’n “ver­bys­te­ren­de ge­tal wat moei­lik is om te be­gryp” ge­noem.

“Ag­ter el­ke Co­vid-19-sterf­te is ’n fa­mi­lie en ge­meen­skap wat nooit weer die­self­de gaan wees nie. Die pan­de­mie eis ’n ver­nie­ti­gen­de mens­li­ke tol, en ons mag dit nooit ver­geet nie,” het Bi­den ge­sê.

Trump het al er­ken dat hy die ge­vaar van die ko­ro­na­vi­rus on­der­speel het om­dat hy “nie pa­niek wou saai nie”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.