‘D­rie­ja­ri­ge­mei­sie­van­Ro­bert­son­dood­ge­slaan’;­ma,­stief­pa­in­ar­res

Die Burger - - 6 - May­ge­ne­ de­ Wee

’n D­rie­ja­ri­ge mei­sie van Ro­bert­son is met ’n stomp voor­werp dood­ge­slaan, blyk uit ’n lyk­skou­ing wat Dins­dag ge­doen is.

Die kind se 23-ja­ri­ge ma en haar 24-ja­ri­ge stief­pa is Dins­dag in Ro­bert­son in heg­te­nis ge­neem.

Kapt. F­re­de­rick van Wyk, po­li­sie­woord­voer­der, sê ’n dos­sier vir die ge­reg­te­li­ke doods­on­der­soek wat Maan­dag ge­o­pen is, is in ’n moord­dos­sier ver­an­der.

Die saak is ook na die po­li­sie se een­heid vir ge­sins­ge­weld, kin­der­mis­han­de­ling en sek­su­e­le oor­tre­dings in Wor­ces­ter oor­ge­plaas.

Vol­gens van Wyk sal die man en vrou mô­re in die land­dros­hof in Ro­bert­son op aan­klag van moord ver­skyn.

In­wo­ners van Ro­bert­son het Maan­dag ge­sê die mei­sie se oë was pot­blou toe die po­li­sie Maan­dag daar aan­ge­kom het. Daar was ook bloed teen haar lin­ker­slaap tot by haar wang. Die bloed het ver­moe­de­lik uit haar lin­ker­oor ge­kom.

Ook op ’n fo­to wat Die Bur­ger ge­sien het, is daar ’n groot bloed­kol teen haar lin­ker­slaap en wang. Daar is ook bloed op haar lip­pe en net bo haar mond, as­ook groot blou kol­le bo al­bei haar oë.

Haar ma het glo Maan­dag aan die po­li­sie ge­sê haar dog­ter het Sa­ter­dag van ’n wal ag­ter hul sink­huis ge­val. Sy het ge­sê die kind is Maan­dag­og­gend dood.

In­wo­ners sê die bloed wat hul­le op die kind se ge­sig ge­sien het, was nog vars.

“As sy Sa­ter­dag ge­val het, sou die bloed be­slis nie nog daar ge­sit het of so vars ge­lyk het nie.”

Die mei­sie het saam met haar ma, ba­ba­sus­ter en stief­pa in die sink­huis ge­woon.

Van Wyk het Maan­dag ge­sê die po­li­sie is ont­bied na­dat ’n d­rie­ja­ri­ge mei­sie by ’n huis in Ro­bert­son dood is.

Hy het toe ge­sê die po­li­sie het die kind dood in ’n bed ge­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.