‘SA moet sy di­ver­si­teit vier op Er­fe­nis­dag’

Die Burger - - 7 - L­le­wel­lyn P­rin­ce

Die er­fe­nis van al­le Suid-A­fri­ka­ners is on­los­maak­lik aan me­kaar ver­bind en e­ni­ge deel van dié er­fe­nis be­hoort in ge­ly­ke ma­te aan al­le Suid-A­fri­ka­ners.

Die er­fe­nis van een groep is vol­gens die FW de K­lerk-stig­ting ook nie be­lang­ri­ker as dié van ’n an­der nie.

“Ons Grond­wet heg ’n spe­si­a­le waar­de aan kul­tu­re­le in­klu­si­wi­teit en ge­lyk­heid in Suid-A­fri­ka,” het adv. Ja­c­ques du P­reez, uit­voe­ren­de hoof van die stig­ting, gis­ter op die voor­aand van Er­fe­nis­dag ge­sê.

P­res. Cy­ril Ra­map­ho­sa sal van­dag om­streeks 12:00 sy amp­te­li­ke Er­fe­nis­dag-bood­skap vir­tu­eel aan Suid-A­fri­ka­ners le­wer. Die te­ma van­jaar is: “Die vie­ring van Suid-A­fri­ka se le­wen­de mens­li­ke skat­te”.

Die pre­si­den­sie het Dins­dag ge­sê van­jaar se Er­fe­nis­maand word ge­wy aan Suid-A­fri­ka se le­wen­de “mens­li­ke skat­te” soos dr. Est­her Mahlan­gu, Ma­ma Ma­do­si­ni La­to­zi M­pahle­ni en Ma­ma Ou­ma Ka­tri­na Let­sau.

Du P­reez het gis­ter ver­der na­mens die FW de K­lerk-stig­ting ge­sê Suid-A­fri­ka­ners word op Er­fe­nis­dag aan­ge­moe­dig om hul kul­tuur, die di­ver­si­teit van hul oor­tui­gings en tra­di­sies te vier in dié land “wat aan al sy men­se be­hoort”.

“As ’n ge­va­ri­eer­de en ryk kul­tu­re­le er­fe­nis soos ons s’n nie op ’n grond­wet­li­ke en kul­tuur­sen­si­tie­we wy­se be­skerm en be­stuur word nie, stort die in­he­ren­te ver­e­ni­gings­krag daar­van in duie. Om­ge­keerd, as ons ons ge­deel­de er­fe­nis, selfs die pyn­li­ke as­pek­te daar­van, kan om­arm deur in­klu­sief te wees, kan ons ge­sa­ment­lik trot­ser wees, nie net op wie ons is en dit wat ons oor­kom het nie, maar ook op wat ons steeds saam kan be­reik.”

T­han­di Mo­di­se en A­mos Ma­son­do, voor­sit­ten­de be­amp­tes van die par­le­ment, het in hul Er­fe­nis­dag-bood­skap ge­sê Suid-A­fri­ka­ners het van­weë hul een­heid, ven­noot­skap­pe en si­ner­gieë wat hul­le waar­lik as ’n na­sie ken­merk, die Co­vid-19pan­de­mie oor­kom en die land in staat ge­stel om na vlak 1 van die staat van in­per­king te kon be­weeg. Hul­le meen die­self­de gees van u­bun­tu moet ook in­ge­span word om die e­ko­no­mie te her­bou en die so­sio-e­ko­no­mie­se pro­ble­me op te los.

Mo­di­se en Ma­son­do het eg­ter ook die “on­ge­brei­del­de” voor­koms van kor­rup­sie ten ty­de van die pan­de­mie ver­oor­deel. “Soos ons Er­fe­nis­dag vier, laat ons ons po­gings ver­skerp om die voort­du­ren­de eu­wels van kor­rup­sie en ge­slags­ge­weld uit te roei,” lui hul ver­kla­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.