Ma­tras­fa­briek in lig­te laaie in die Strand

Die Burger - - 7 - Ané van Zyl

’n Brand het gis­ter­mid­dag in ’n ma­tras­fa­briek in die Strand uit­ge­breek, ver­moe­de­lik toe skuim­ma­tras­se aan die brand ge­raak het.

So­wat 21 brand­be­stry­ders van die Strand, So­mer­se­tWes

en Sir Lo­wry’s Pass het die vlam­me pro­beer blus.

Die brand- en red­dings­diens­te van die Kaap­stad­me­tro het net ná 15:30 by Strand Fo­am in Bro­ad­lands­weg aan­ge­kom, sê Jer­mai­ne Ca­rel­se, woord­voer­der van die diens.

“Toe hul­le daar aan­kom, het hul­le nóg hulp ge­vra.”

Teen 16:50 was die brand nog nie in be­dwang nie.

Op fo­to’s is tien­tal­le om­stan­ders sig­baar wat staan en kyk na die bran­den­de ge­bou. Don­ker rook­wol­ke het in die lug ge­hang.

Fo­to: FA­CE­BOOK, RASAAD A­DAMS

Om­stan­ders kyk hoe die ge­bou in die Strand brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.