On­der­soek W-Kaap­se po­li­sie, eis A­friForum

Die Burger - - 7 - L­le­wel­lyn P­rin­ce

A­friForum eis ’n on­der­soek op die hoog­ste vlak na die Wes-Kaap­se po­li­sie se “on­deur­dag­te” op­tre­de ty­dens ’n pro­tes­op­tog deur die toe­ris­me­be­dryf vroe­ër in Kaap­stad.

A­friForum het gis­ter aan genl. K­hehla Si­to­le, die na­si­o­na­le po­li­sie­kom­mis­sa­ris, ge­skryf en hom ge­vra om lt. genl. Yo­li­sa Ma­ta­ka­ta, WesKaap­se po­li­sie­hoof, en haar be­stuur­span se op­tre­de ty­dens die op­tog van 24 Ju­lie te on­der­soek.

T­ho­mas van Da­len, A­friForum se waar­ne­men­de hoof van ge­meen­skaps­vei­lig­heid vir die sui­de­li­ke streek, het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê

A­friForum het op 24 Ju­lie aan Ma­ta­ka­ta ge­skryf en re­des ge­vra vir die “on­no­di­ge en hard­han­di­ge” han­te­ring van le­de van die toe­ris­me­be­dryf ty­dens die pro­tes­op­tog.

Die or­ga­ni­sa­sie het sy skok uit­ge­spreek oor die wre­de en hard­han­di­ge han­te­ring van men­se wat in (die mid­de­stad van) Kaap­stad aan ’n vreed­sa­me be­to­ging deel­ge­neem het.

“Die po­li­sie het op­tog­gan­gers met ’n wa­ter­ka­non ge­spuit en met traan­rook en skok­gra­na­te uit­een ge­jaag.”

Vol­gens Van Da­len is ver­skeie aan­ma­nings aan Ma­ta­ka­ta ge­rig oor ’n ver­dui­de­li­king.

Op 27 Au­gus­tus het Ma­ta­ka­ta te­rug­ge­skryf en ge­meld

“in­ge­vol­ge re­gu­la­sie 37 van die Ramp­be­stuur­wet is al­le sa­me­koms­te ver­bied met se­ke­re uit­son­de­rings. Dié op­tog was nie op die lys van uit­son­de­rings nie”.

Van Da­len meen die po­li­sie se op­tre­de dui op sub­stan­daard-op­lei­ding en ’n on­ver­moë om reg en or­de te hand­haaf.

“In die lig daar­van het A­friForum ons mis­noeë te ken­ne ge­gee oor Ma­ta­ka­ta se flou ver­weer en het haar stel­ling ver­werp dat die ge­bruik van die wa­ter­ka­non in dié ge­val deel uit­maak van mi­ni­mum ge­weld,” sê Van Da­len.

A­friForum meen Si­to­le sal po­si­tief op hul ver­soek re­a­geer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.