’n Tu­c­son vir die toe­koms

Die Burger - - 8 - Mo­tor­re­dak­sie On­der die en­jin­kap Buck Ro­gers se ka­juit Af­saal

Jy sal nog so ’n jaar moet wag, maar dit be­hoort die moei­te werd te wees as ons net na die fo­to’s kyk van Hyun­dai se nu­we Tu­c­son wat hy pas uit­ge­reik het.

Die vier­de Tu­c­son (daar was ’n tyd dat hy by ons, as­ook in som­mi­ge oor­se­se mark­te, as die ix35 be­mark is, ter­wyl A­me­ri­ka stryk­deur die Tu­c­son-naam be­hou het) kom met ’n nu­we plat­form, ’n gro­ter lyf en, straks die be­lang­rik­ste, ’n werk­lik di­na­mie­se en mo­der­ne voor­koms.

Die groep se 45-skou­mo­tor van ver­le­de jaar dié tyd in Frank­furt het ge­wis ’n groot rol in sy ont­werp ge­speel. Die 45 het sy naam ont­leen aan die kon­sep­mo­del se tal­le skuins hoe­ke, ly­ne en op­per­vlak­ke wat met ’n tref­fen­de 45°-hoek ge­spog het. Kyk ’n mens na die nu­we Tu­c­son her­ken jy da­de­lik daar­die skuins ly­ne by die deu­re, die mis­lig­te en die C-pi­laar.

Dit als bied die nu­we Tu­c­son ’n vars en mo­der­ne aan­slag op die mid­del­slag-sport­nuts­seg­ment. Dis ’n seg­ment wat die laas­te tyd al hoe kon­ser­wa­tie­wer ge­raak het in sy voor­koms. Dink maar aan die Toyo­ta RAV4, die Vol­vo XC60 en die VW Ti­guan, om maar en­ke­le te noem.

Ons hou ook baie van die nu­we Tu­c­son se tref­fen­de sier­roos­ter. Dit her­in­ner aan Mer­ce­des se jong­ste roos­ters (met hul klomp blink pen­ne­tjies, wat ’n 3D-ef­fek skep) met die Ko­re­aan wat pleks van blink pen­ne­tjies eer­der ’n ei­er­krat-ont­werp volg met kort, skuins op­per­vlak­ke wat na die mid­del ge­kan­tel en ge­draai is.

Selfs die wiel­boë met hul plat en reg­uit boon­ste kur­wes bied ’n ma­te van har­de­kwas­geit aan die voor­koms.

Die nu­we Tu­c­son is 2 cm lan­ger, ’n vin­ger­dik­te bre­ër en ’n oog­knip ho­ër as sy voor­gan­ger. Straks die braai­vleisfeit hier is dat die witjas­se ’n ek­stra sen­ti­me­ter kon af­knyp om tus­sen die as­se in te pas wat nou ’n aks meer been­ruim­te aan die ag­ter­in­sit­ten­des bied.

On­der die en­jin­kap is daar oor­see ’n op­ge­knap­te weer­ga­we van die ver­vaar­di­ger se 1.6-li­ter-pe­trol­tur­bo in twee krag­vlak­ke (110 kW en 132 kW) te kry. Daar is ook ’n 2.4-li­ter- na­tuur­lik ge­as­pi­reer­de en­jin (ons ver­moed ’n kos­te­be­sluit, hoe­wel Hyun­dai ook al don­kie­ja­re saam­stap met hier­die en­jin, wat hy ken­ne­lik dol oor is) oor­see te kry, met 140 kW en 246 Nm. Die tus­sen­in-en­jin, die na­tuur­lik ge­as­pi­reer­de 2.0-li­ter wat tans in SA te kry is, sal dalk be­hou word wan­neer die nu­we mo­del vol­gen­de jaar by ons be­skik­baar is (saam met die 1.6-tur­bo).

Wat o­lie­bran­ders be­tref is daar ’n 1.6-li­ter- en ’n 2.0-li­ter-tur­bo­die­sel te kry.

Die in­tree­mo­del­le sal slegs voor­wiel­aan­dry­wing hê, ter­wyl die top­mo­del­le per­ma­nen­te 4x4-vas­trap het.

Hyun­dai noem ook in dié ver­band dat hy sy rit­mo­dus­stel­sel op­ge­knap het om nou ek­stra mo­dus­se te bied vir sand-, klip- en mod­de­ri­ge toe­stan­de. Die rat­wis­se­ling ge­skied via ’n agt­gang- ou­to­ma­tie­se rat­kas.

Die ka­juit is waar­skyn­lik die krag­toer van die nu­we Tu­c­son. Dit eg­go die bes­te ka­juit­ont­wer­pe van Mer­ce­des en Vol­vo en stel in som­mi­ge op­sig­te selfs ’n nu­we stan­daard.

Die in­stru­ment­pa­neel skep twee de­le, met elk wat net­jies deur die boon­ste rand van die pa­neel af­ge­ba­ken word. Dié rand bied twee fyn a­lu­mi­ni­um­stro­ke en gly naat­loos van die voor­pa­neel na die deur­pa­ne­le oor, in ’n vloei­en­de golf­be­we­ging.

Sag­te stem­mings­be­lig­ting (64 kleu­re, wat jy in tien vlak­ke “sag­ter” kan ver­stel) en skoon op­per­vlak­ke sorg vir ’n def­ti­ge at­mos­feer.

In die mid­del sit ’n groot raak­skerm wat nuts­funk­sies huis­ves, ter­wyl die tra­di­si­o­ne­le huls voor die be­stuur­der heel­te­mal mee weg­ge­doen is. Daar is slegs ’n di­gi­ta­le skerm voor die be­stuur­der en dié is diep en laag ag­ter die stuur­wiel ver­sink.

Kyk ook na die sen­tra­le ko­lom: Die rat­hef­boom is weg­ge­smyt en in sy plek is daar net vier knop­pies – vir P, N, D en R.

Hulp­mid­dels sluit in ’n self­stop­funk­sie as die blik­brein ver­moed jy gaan teen iets vas­ry en ’n volg­be­heer-funk­sie, waar­mee die voer­tuig in sy baan sal bly (ook om draaie, en self kan rem en ver­snel saam met die ver­keer).

Ons ver­wag die nu­we Tu­c­son teen mid­del vol­gen­de jaar in Suid-A­fri­ka, met pry­se en spe­si­fi­ka­sies wat teen daar­die tyd ge­fi­na­li­seer sal wees.

Dis mos ’n seg­ment­wak­kerskrik­sport­nuts hier­die! Hyun­dai se nu­we Tu­c­son be­loof ’n mo­der­ne voor­koms vol skerp ak­sen­te en slim ont­werp­truuks. Hy’s vol­gen­de jaar hier.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.