Wie ken dié mo­del?

Die Burger - - 8 - Roe­dolf S­chut­te, Bell­vil­le

Ek wil hoor of een van die le­sers my nie kan help om hier­die ou voer­tuig te i­den­ti­fi­seer wat des­tyds aan my ou­pa­groot­jie be­hoort het nie.

Langs die mo­tor staan my pa, toe nog ’n skool­seun van se­ker so 13, en op die voor­grond is die “mees­ter” van die plaas­skool in die Oos-Kaap waar my pa des­tyds tot gr. 7 (st. 5) skool­ge­gaan het. Daar­ag­ter, met die hoed, is my ou­pa­groot­jie G­rey­ling en dit is sy des­tyd­se mo­tor daar­die.

My pa is in 1912 ge­bo­re en hier­die kie­kie kon dus nie la­ter as 1925 ge­neem ge­wees het nie – die mo­tor is dus ’n 1925- of dalk veel ou­er mo­del.

Hier­die mo­tor het ’n paar keer die fa­mi­lie se jaar­lik­se os­se­wa-kon­vooi na hul ge­lief­de kam­peer­plek by die des­tyd­se Trans­kei­se Wil­de­kus se “Ha­ven” by die Bas­hee-ri­vier se mond ge­lei.

Van El­li­ot in die Oos-Kaap was dit ’n week lan­ge tog van so 200 km oor die Sa­tans­nek­pas via Eng­co­bo na die see. Die tog was oor on­ge­baan­de weë des­tyds, waar­skyn­lik meest­al net wa­spo­re.

Die kar sou vroeg­og­gend ver­trek en ná so ’n uur of wat by ’n ge­pas­te plek die os­se­wa­ens in­wag wat so teen laat­mid­dag hul op­wag­ting ge­maak het en waar al­mal dan sou oor­nag het.

Ek het in die 1990’s self dik­wels daar gaan hen­gel en het die 50 km grond­pad daar­heen van die N2 see toe steeds in ’n skok­ken­de toe­stand ge­vind.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.