Nee kwits, nou sit Ha­mil­ton die pot mos mis

Die Burger - - 8 - S­chu­mi se groot stryd

K­nor­moer is ab­so­luut ver­heug die jon­ge heer Le­wis Ha­mil­ton het die swa­re taak op sy skou­ers ge­neem om die aar­de van kli­maat­ver­an­de­ring te red. Een su­per­mo­tor-rit op ’n slag.

Sien, die F1-wê­reld­kam­pi­oen en dees­dae voor­brand­ma­ker vir me­ni­ge po­li­tie­ke veld­tog, het ge­sê hy ry nie meer in sy ver­sa­me­ling su­per­mo­tors nie. Voort­aan is dit net rond­rits in sy e­lek­trie­se S­mart en EQC, al­bei e-voer­tuie van Mer­ce­des, sy borg en vir wie hy in F1 deel­neem.

Pe­trol­kop­pe se mond sal wa­ter by die aan­hoor van Ha­mil­ton se ga­we ly­sie su­per­mo­tors in sy mo­tor­huis.

Daar is ’n Fer­ra­ri 599, twee Fer­ra­ri LaFer­ra­ri’s, ’n M­cLa­ren P1, ’n Pa­ga­ni Zon­da, ’n S­hel­by Mus­tang en twee AC Co­bras.

Ter­wyl Ha­mil­ton sy be­roep be­oe­fen om met ’n e­ner­gie­sui­pen­de F1­mo­tor 50 of 60 keer in die rond­te te ry, el­ke an­der Son­dag, kan hy dus te­rug­sit en her­kou aan hoe kwaai hy die om­ge­wing nou help met sy nu­we keu­se van per­soon­li­ke ry­goed.

Dit ter­wyl sy span ná el­ke Grand P­rix die voer­tuie en toe­rus­ting in ’n Boeing stoot om half­pad om die wê­reld ge­vlieg te word. Vir nog ’n na­week se rond­ja­e­ry.

Maar kwits, kê­rel, nou­dat jy nie meer jou LaFer­ra­ri ka­fee toe vat nie, help jy die blom­me­tjies weer blom in die veld. Dan­kie!

K­nor­moer weet nie of hy moet lag of huil as hy na die stand van die me­dia dees­dae kyk nie.

Daar ver­klaar die nuus­diens­te van­dees­week uit­a­sem dat die F1-held van ouds, Mi­cha­el S­chu­ma­cher, “ver­be­te veg om weer ge­sond te word”.

Dis nou na­dat sy voor­ma­li­ge span­baas, Je­an Todt, hom weer by sy huis in S­wit­ser­land be­soek het. Die oud-F1-kam­pi­oen is nou al vir ja­re bed­lê­en­de na­dat hy ty­dens ’n ski­va­kan­sie ge­val en sy kop teen ’n rots ge­kap en er­ge brein­ska­de op­ge­doen het.

Dit was Todt wat aan ’n ver­slag­ge­wer ge­sê het S­chu­ma­cher “veg ver­be­te”, waar­na hier­die woor­de klak­ke­loos in Suid-A­fri­kaan­se be­rig­te ge­ëg­go is. Maar, wie weet of hy rê­rig “ver­be­te” veg? En wat pre­sies word daar­mee be­doel?

K­nor­moer suk­kel om ’n bed­lê­en­de per­soon wat bes moont­lik nie self kan eet of drink of praat nie, en net met ver­sor­gers oor die weg kan kom, in sy gees­tes­oog as ’n veg­ten­de mens te sien.

As jy veg, is dit iets soos Ram­bo wat al­leen ag­ter ’n ma­sjien­ge­weer staan, ter­wyl ’n dui­send ter­ries op hom toe­sak en hy hul­le voor die voet af­maai dat die vel­le waai.

Lê op die naat van jou rug met ’n pyp in die mond en ie­mand wat jou help in die bad­ka­mer is meer her­stel as veg.

Dink van­dag se ver­slag­ge­wers dan nie meer on­af­hank­lik en kri­ties nie?

K­nor­moer sien die ge­rug­te loop sterk dat Volks­wa­gen sy Bu­gat­ti­han­dels­merk wil ver­koop.

As dit nie reeds die wenk­broue laat lig nie, is die po­ten­si­ë­le ko­per ’n nog vreem­der kwes­sie.

B­lyk­baar is dit Ri­mac, die Kro­a­tie­se nou­veau ri­che-ver­vaar­di­ger van e-mo­tors, wat be­lang­stel.

Tik K­nor­moer met ’n son­pa­neel om. In die 1990’s, toe Volks­wa­gen ’n era van vuis­bal bin­ne­ge­gaan het met die aan­koop van spog­han­dels­mer­ke soos Bu­gat­ti (en die bou van groot­se pro­jek­mo­tors, soos die P­ha­e­ton en XL1), is ge­glo die his­to­rie­se Bu­gat­ti­han­dels­merk sal nu­we aan­sien aan ’n ma­ker van Pas­sats en Golfs ver­leen.

Maar b­lyk­baar is ’n in­ge­wik­kel­de ruil­tran­sak­sie die dryf­veer ag­ter die sto­rie. VW gee sy Bu­gat­ti-han­dels­merk aan Ri­mac, ter­wyl Ma­te Ri­mac (stig­ter) die helf­te (49%) van sy aan­deel­hou­ding aan Porsche gee.

Porsche soek Ri­mac se teg­no­lo­gie om Te­sla aan te vat, ter­wyl Ri­mac kan doen met Bu­gat­ti se naam en Fran­se fa­briek.

Wat als vir K­nor­moer be­te­ken dis die ein­de van Bu­gat­ti se 8.0-li­ter-W16­en­jin. Dis hart­seer.

Hier­die skoon­ge­sig­knaap is Mer­ce­des se nu­we GenH2, ’n e­vrag­mo­tor met ’n 1 000 km­reik­af­stand wat met ’n “brand­stof­sel” pleks van ’n bat­te­ry werk. Bak­gat­Bu­gat­ti

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.