Net­jies! Porsche vat raak met nu­we Pa­na­me­ra

Die Burger - - 9 - Mar­nus Hat­tingh

Porsche het straks met sy der­de Pa­na­me­ra dié keer die spy­ker op die kop ge­slaan toe hy pas sy lang­lyf-sport­se­dan aan die wê­reld be­kend ge­stel het.

Wie sal die eer­ste po­ging in 2010 ont­hou waar­van die stert­kant heel­te­mal te veel ge­meen ge­had het met die Not­re Da­me se be­kend­ste in­wo­ner? Ge­luk­kig kon die ont­werp­span dié keer din­ge raak­vat.

Die nu­we Pa­na­me­ra lyk ge­ba­lan­seerd en pro­por­si­o­neel on­danks die ont­werp­voor­skrif van vier deu­re en ’n lan­ger as­af­stand as ’n ge­wo­ne 911. Maar kyk hom net so van die kant en dis juis waar­om ons hier­die fo­to van hom ge­kies het: Daar’s steeds ’n lae dak­lyn en vier deu­re, maar nou be­loof daar­die lyf som­mer ho­pe vaart en, wel, ’n bie­tjie hoes­sit-my-ou as jy by die ver­keers­lig stil­hou.

Soos te­vo­re word die Pa­na­me­ra saam met die Cayen­ne en Ma­can in Porsche se mo­der­ne fa­briek in Leip­zig, in die ou Oos-Duits­land, ge­bou. Vier mo­del­le sal on­mid­del­lik te kies wees.

Die ba­sie­se Pa­na­me­ra en Pa­na­me­ra 4 (wat vir vier­wiel­vas­trap staan) vorm die in­tree­mo­del­le, ter­wyl die Pa­na­me­ra GTS en Pa­na­me­ra Tur­bo S die vlag­dra­ers vir spoed, di­na­mi­ka en ui­ter­ste weel­de is. Oor­see is daar ook ’n hi­bried­mo­del, die Pa­na­me­ra 4S E-hy­brid, be­skik­baar vir die om­ge­wings­be­wus­te spoed­vraat.

Wat bak­werk be­tref, sal jy ook van meet af aan kan kies tus­sen die sport­se­dan en die sta­sie­wa-ti­pe mo­del, die S­port Tu­ris­mo.

On­der die en­jin­kap sit die­self­de twee en­jins wat jy te­vo­re leer ken het, die groep se 2.9-li­ter-V6-bi­tur­bo en die gro­ter 4.0-li­ter-V8-bi­tur­bo. Wis­se­len­de tur­bo­druk sorg vir ver­skil­len­de krag­sy­fers tus­sen die mo­del­le on­der­ling, maar die V6 is slegs die twee ba­sie­se mo­del­le be­stem, ter­wyl die GTS en Tur­bo S die V8 kry.

Maar let op, Porsche het heel­wat moei­te ge­doen om die GTS ’n be­paal­de s­port-ka­rak­ter te gee wat krag­le­we­ring en klank be­tref.

Trou­ens, ’n mens ver­moed die GTS het oor die ja­re ’n heel sterk ge­volg vir hom op­ge­bou met sy ei­e­soor­ti­ge ka­rak­ter in die ge­wo­ne Porsche-stal van mo­del­le.

In die ver­le­de het Porsche die GTS-mo­del­le al­tyd ’n na­tuur­lik ge­as­pi­reer­de V8 ge­gee. Die en­jin sou sy spie­re al hoe meer bult hoe ho­ër die toe­re ge­jaag word, wat ti­pies jou al hoe sty­wer in die sit­plek vas­druk soos jy al hoe na­der aan die rooi­lyn be­weeg.

Tur­bo-en­jins met hul plat wring­krag­kur­we kan daar­die spe­si­a­le ge­voel tra­di­si­o­neel nie so lek­ker ge­trou na­boots nie. Om dit te oor­kom nou­dat Porsche die nu­we vier­li­ter-V8 met sy twee tur­bo’s ge­bruik, was om baie ure te be­stee aan die en­jin se pro­gram­me­ring.

Die re­sul­taat is ’n krag­kur­we wat al hoe ho­ër styg soos jy deur die toe­re draf – wat die le­we­ring na­boots van ’n na­tuur­lik ge­as­pi­reer­de V8. Die uit­laat­stel­sel is ook aan­ge­pas met ’n a­sim­me­trie­se pyp­stel­sel so­dat ’n grow­wer, die­per en­jin­klank hoor­baar is wat meer aan ’n tra­di­si­o­ne­le V8 her­in­ner as aan die fyn ge­suis van ’n bi­tur­bo.

In al­le ge­val le­wer die V6- en V8­en­jins nou ’n raps meer krag as te­vo­re, wat die mo­del­le se ver­snel­ling en top­spoed mar­gi­naal ver­be­ter.

An­der teg­notruuks in die top­mo­del­le sluit in ’n slui­te­we­naar op die ag­ter­as, krag­ver­sprei­ding tus­sen die wie­le, fyn ag­ter­wiel­stuur om in­draai en koers­hou deur draaie te ver­be­ter en ’n ag­ter­as wat bre­ër is as die voor­as. Die voer­tuig sal nou ook van­self kan vry­loop as jy ’n rooi ver­keers­lig of krui­sing na­der.

Die blik­brein volg jou po­si­si­o­ne­ring op die sat­nav-stel­sel en laat vry­loop toe as hy ver­moed jy gaan in elk ge­val bin­ne­kort be­gin rem.

Dit help om brand­stof te be­spaar.

Bin­ne­langs be­loof Porsche meer kop­ruim­te vir die ag­ter­in­sit­ten­des as te­vo­re. Die been­ruim­te is nou ook ge­mak­li­ker.

Die voor­pas­sa­siers kyk nou vas in ’n groot, di­gi­ta­le raak­skerm wat al jou nuts­funk­sies huis­ves. Die stel­sel werk ook met stem­be­ve­le.

’n Klein knop op die stuur­wiel laat jou toe om tus­sen die rit­mo­dus­se te wis­sel, ter­wyl die mid­del­kon­so­le tus­sen die sit­plek­ke ’n for­se, breë een­heid be­hels wat ge­lei­de­lik na bo styg.

Hulp­stel­sels vir die be­stuur­der sluit in ’n te­rug­du-funk­sie sou jy uit jou baan dwaal, ’n self­stop­funk­sie as ie­mand oor die pad hard­loop en slim­hoof­lig­te (wat uit bon­dels LED-lam­pe be­staan) wat af­wis­se­lend kan ver­dof om nie aan­ko­men­de ver­keer te ver­blind nie.

Die nu­we Pa­na­me­ra word vroeg vol­gen­de jaar in Suid-A­fri­ka ver­wag, met pry­se wat na­der aan die tyd be­kend ge­maak sal word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.