Corol­la bied arms­vol styl

Die Burger - - 10 - Mar­nus Hat­tingh Af­saal

Kyk, ’n de­ka­de ge­le­de was die koms van ’n nu­we Corol­la die warm­ste nuus op die plaas­li­ke mo­tor­front nef­fens ’n F1 Grand P­rix wat hier aan­ge­bied gaan word.

Al­mal het ’n Corol­la ge­ry, of dan be­geer, en Toyo­ta kon nie voor­bly om sy staat­ma­ker-ge­sin­se­dan aan die pu­bliek te ver­skaf nie.

Maar van­dag is klein se­dans uit die mo­de. Die­ge­ne wat nog ’n klein se­dan koop, soek boon­op ’n weel­de­ri­ge mo­del, soos ’n Au­di A4 of ’n BMW 3-Reeks. Maar selfs hier het die seg­ment ook al ont­wik­kel, want dees­dae kry jy die sport­koe­pee, daar­die vier­deur met raam­lo­se ven­sters vir die deu­re en ’n ge­ron­de dak­pro­fiel. Dink maar aan die Mer­ce­des CLA en die BMW 2-Reeks GranCou­pe.

Toyo­ta het nie werk­lik ’n be­kos­tig­ba­re klein sport­nuts wat in hier­die prys­klas kan mee­ding nie. Sy Rush en A­van­za spreek tot ’n an­der mark, en is werk­lik­waar maar so-so sak­pas voer­tuie. Jy sal moet op­be­weeg op die prys­lys tot jy by die C-HR kom al­vo­rens jy ’n sport­nuts kry wat die tra­di­si­o­ne­le ge­sins­mark van­dag te­vre­de sal stel.

Maar klaar­blyk­lik is daar steeds ’n aan­vraag na ’n groot Corol­la. En selfs hier speel Toyo­ta slim, want die ou mo­del word af­ge­stof en as ’n nu­we Qu­est aan­ge­bied, mi­nus van die weel­de wat hy vroe­ër as ’n vol­waar­di­ge Corol­la ge­had het. Die nu­we Corol­la is in­der­daad ’n heer­li­ke ry­ding. Die ka­juit is def­tig en lyk mooi en mo­dern af­ge­werk. Straks die bes­te ken­merk van die ka­juit is hoe stil dit is, om­trent teen e­ni­ge spoed. Jy hoor jou ore wik­kel as jou vrou hard rem.

Wat sy lyf be­tref, sit jy van­dag met ’n lek­ker groot se­dan. Die laai­bak sal vier tas­se met ge­mak sluk, ag­ter kan drie tie­ners hul­self met ge­mak tuis’n maak son­der om ’n fa­mi­lie­ve­te los te ba­klei, en ag­ter die s­tuur kon ek my­self ge­mak­lik kry met net ’n druk hier en ’n draai daar van ’n ver­stel­knop.

Die reeks be­staan plaas­lik uit drie mo­del­le: ’n 1.8-li­ter-in­tree­mo­del, en twee 2.0-li­ters waar die meer ba­sie­se een ’n hand­rat­kas het, en die def­ti­ger top­mo­del met ’n ou­to­ma­tie­se ’kas toe­ge­rus is.

My e­nig­ste twee fron­se is dan juis by die Corol­la se me­ga­ni­ka ge­se­tel. Al­bei die en­jins is na­tuur­lik­ge­as­pi­reerd. In die jaar 2020. Ko­maan, Toyo­ta.

Kyk self na jul ver­rig­ting­sy­fers: Vir my 2.0-li­ter XR-toets­mo­del (die ses­gang-hand­rat) kry jy net 125 kW en 200 Nm wring on­der jou reg­ter­voet. Volks­wa­gen se klein 1.4-li­ter-tur­bo doen al­reeds 25% be­ter as dit met 250 Nm-wring­krag.

Die twee­li­ter se ver­bruik­sy­fer was wel be­ter as ver­wag. Ek het so 7,0 li­ter ge­hand­haaf in my ge­meng­de ver­bruik, wat skaf­lik is. Die na­tuur­lik­ge­as­pi­reer­de en­jin het ook nie aan’t drink ge­gaan as jy die voet plant teen ’n bult uit nie. Tog, dit bly ’n vreem­de, ou­wê­reld­se kom­bi­na­sie.

Van kom­bi­na­sies ge­praat, nog

‘‘

Klaar­blyk­lik is daar steeds ’n aan­vraag na ’n groot Corol­la en hier­die nu­we een is ’n heer­li­ke ry­ding.

ra­ri­teit in die mo­der­ne mo­tor­land­skap is die Corol­la se hand­rat­kas. Met ou­to­ma­tie­se rat­kas­te wat so voor­tref­lik is, is daar nie eint­lik meer ’n ver­sko­ning om te vol­hard met ’n hand­rat nie.

Dalk net ’n stra­te­gie­se be­sluit, om ’n mo­del met ’n la­er prys­punt op die mark te plaas? Want dit ry nie ge­rief­li­ker nie. In­teen­deel.

Dank­sy die kort rat­te roei jy vir die Du­zi in die dorp soos jy tus­sen twee­de en vier­de moet draf by el­ke ver­keers­lig.

Toyo­ta het ’n staat­ma­ker hier beet. Sy nu­we Corol­la is ’n mooi ge­sins­mo­tor en styl­vol en mo­dern af­ge­werk bin­ne. Die aan­dryf­stel­sel sal my el­ders laat soek na wie­le, maar Corol­la-on­der­steu­ners sal baie in hul skik met die weer­ga­we wees.

Prys: Toyo­ta Corol­la XR – R420 500.

Fo­to: MAR­NUS HAT­TINGH

Die jong­ste Toyo­ta Corol­la het ’n lief­li­ke voor­koms, en is bin­ne­langs net so mo­dern en styl­vol af­ge­werk. Die aan­dryf­stel­sel ma­keer ’n bie­tjie woe­ma.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.