An­dré Stem­met.

Die Burger - - 10 -

Co­lom­bey-les-Deux-É­g­li­ses is ’n dor­pie in die oos­te van Frank­ryk, en sou in ob­sku­ri­teit ver­dwyn het in­dien genl. C­har­les de Gaul­le, Fran­se pre­si­dent van 1958 tot 1969, hom nie ná sy af­tre­de daar ge­ves­tig het nie. De Gaul­le, sy vrou en dog­ter is in die plaas­li­ke be­graaf­plaas be­gra­we, en sy vil­la en die De Gaul­le-mu­seum in die dorp is ge­wil­de toe­ris­te­be­stem­mings. Boon­op is die mu­seum ook die be­waar­plek van se­ker­lik die be­roemd­ste Citro­ën ter wê­reld.

De Gaul­le was ’n weer­mag­of­fi­sier wat nie die oor­ga­we van Frank­ryk aan­vaar het ná die Duit­se in­val in 1940 nie. Hy en ’n ge­tal on­der­steu­ners het na B­rit­tan­je ge­vlug en die F­ree Fran­ce-be­we­ging be­gin, wat die Ge­al­li­eer­des se oor­logspo­ging on­der­steun het. Ná die Ge­al­li­eer­de in­val in Frank­ryk in 1944 en sy tri­om­fant­li­ke te­rug­keer, het De Gaul­le die po­li­tiek be­tree met die oog op die her­op­bou van Frank­ryk ná die ver­nie­ti­gen­de oor­log. Ter­self­der­tyd het die in­ge­ni­eurs van die Citro­ën­fa­briek aan die werk ge­spring om die ver­ou­der­de Tracti­on A­vant, wat nog uit 1934 ge­da­teer het, met ’n nu­we, re­vo­lu­si­o­nê­re mo­del, die DS, te ver­vang.

Toe die DS (oft­wel dées­se wat go­din be­te­ken) op die Pa­ry­se Mo­tor­skou in 1955 be­kend ge­stel is, was dit ’n sen­sa­sie. Nie net het die a­ë­ro­di­na­mie­se, fu­tu­ris­tie­se bak­werk die kol­lig ge­steel nie, maar me­ga­nies was die DS sy tyd ver voor­uit.

As die eer­ste pro­duk­sie­mo­tor toe­ge­rus met skyf­rem­me, het dit oor ’n heel nu­we hi­drou­lie­se ve­ring­stel­sel be­skik wat die ry­hoog­te ou­to­ma­ties by die pad­om­stan­dig­he­de kon laat aan­pas.

Dis hier waar De Gaul­le op 22 Au­gus­tus 1962 in die prent­jie kom. De Gaul­le, wat ná ’n uit­ge­rek­te en bloe­di­ge oor­log on­af­hank­lik­heid aan Al­ge­rië toe­ge­staan het, was toe reeds ver­skeie ke­re die tei­ken van sluip­moord­aan­slae deur on­te­vre­de weer­mag­le­de wat hom van ver­raad be­skul­dig het.

Ter­wyl De Gaul­le se amps­mo­tor, ’n swart DS, in Pa­rys se A­ve­nue de Li­béra­ti­on van sy kan­toor in die É­lysée-pa­leis na die Or­ly-lug­ha­we on­der­weg was, het 12 sluip­skut­ters op die ka­val­ka­de los­ge­brand. Twee lyf­wag­te op mo­tor­fiet­se is dood en drie ban­de en die ag­ter­ruit van die Citro­ën is ge­tref. Die be­stuur­der kon be­heer be­hou en na vei­lig­heid jaag met drie pap ban­de, te dan­ke aan die Citro­ën se ge­vor­der­de ve­ring. De Gaul­le en sy vrou was on­ge­deerd.

Die Citro­ën, nog met die koe­ël­ga­te in die bak­werk, is een van die ge­wild­ste uit­stal­stuk­ke in die De Gaul­le-mu­seum. F­re­de­rick For­syth, ty­dens die aan­slag op De Gaul­le se le­we ’n joer­na­lis in Pa­rys, het The Day of the Jackal ge­skryf oor ’n fik­tie­we sluip­moord­po­ging op De Gaul­le. Die rol­prent­weer­ga­we be­gin met ’n dra­ma­tie­se to­neel van die aan­slag op die Citro­ën.

De Gaul­le sou tot sy dood lo­jaal bly aan Citro­ën. In 1969, toe die Fran­se Mi­che­lin-fa­mi­lie Citro­ën aan Fi­at wou ver­koop, het die De Gaul­le-re­ge­ring Fi­at se aan­deel tot 15 per­sent be­perk, en in 1975 is ban­krot­skap af­ge­weer toe die Fran­se re­ge­ring Peu­ge­ot ge­fi­nan­sier het om Citro­ën te koop en in die nu­we PSA-groep te in­kor­po­reer.

Ook op Suid-A­fri­kaan­se stof­paaie was die DS ’n be­ken­de ge­sig, en is van 1959 tot 1975 hier ver­vaar­dig.

An­dré Stem­met is ver­bon­de aan die Suid-A­fri­kaan­se am­bas­sa­de in Den Haag, Ne­der­land.

Frank­ryk se na­oor­log­se held p­res. C­har­les de Gaul­le in sy ken­mer­ken­de po­si­sie in sy oop­dak-CitroFn DS.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.