Aan­voe­ling vir ra­dio sy wa­re ta­lent

Me­de-ak­teurs kyk te­rug oor sy loop­baan

Die Burger - - 12 - AJ Op­per­man

Die ak­teur Chris Majiedt (67), wat Don­der­dag aan long­kan­ker dood is, “kon ra­dio aan­voel”.

So sê E­ben Cruy­wa­gen, re­gis­seur van Slang in die gras, die dra­ma waar­mee Majiedt in 2013 die twee­de prys in RSG en San­lam se ra­di­o­dra­ma-skryf­kom­pe­ti­sie ge­wen het.

“Ek het eint­lik toe­val­lig op hom af­ge­kom,” sê Cruy­wa­gen.

“Ek het hom ge­vra of hy met die op­voe­ring daar­van e­ni­ge ak­teurs in ge­dag­te het, want die teks het baie tronk­taal. Hy sê toe hy wil graag Slang, die hoof­ka­rak­ter, ver­tolk. Ek het so ’n bie­tjie ge­skrik. Maar ek het dit toe ge­waag en hy was bril­jant daar­in.”

Cruy­wa­gen loof sy werks­e­tiek. “Hy het ge­weet waar die klem lê en selfs ’n stu­die van die ka­rak­ters ge­doen wat hy nie ge­speel het nie. Die jong en nu­we spe­lers het nog­al op­ge­let na hoe hy te werk gaan. Hy was al­tyd so stil, maar hy het ’n baie po­si­tie­we e­ner­gie na die a­tel­jee ge­bring.”

Majiedt het in Citrus­dal ge­woon en al­tyd na die SAUK in See­punt, Kaap­stad, ge­reis om ra­di­o­werk te doen.

“Ek is dank­baar dat hy nie lank be­wus­te­lik siek was nie,” sê Cruy­wa­gen. “Hy was ui­t­ein­de­lik net se­we jaar op ra­dio, maar dit was ’n krag­lo­pie wat hy af­ge­lê het.”

Hy was on­der meer te hoor in A­dam S­mall se dra­ma Ma­ria, moe­der van God, die mid­dag­ver­volg­ver­haal Laat vrug­te en Gert Gar­ries: ’n Baa­s­ie­kel-blu­es.

Voor­dat sy stem op ra­dio was, het Majiedt in flieks soos Jak­hals­dans en ’n Saak van ge­loof en die mi­ni-reeks Riem­vas­maak ver­skyn.

Die ak­teur Al­bert Ma­ritz het Majiedt so­wat 20 jaar ge­le­de in Bell­vil­le ont­moet.

“Ek dink dit was in 2001.” Majiedt het sy to­neel­stuk Dis al­weer die bu­re vir net Ma­ritz op­ge­voer, waar­van hy ook die re­gie ge­doen het.

“Nie lank daar­na nie, is hy, as­of ge­stuur, die sag­ge­aar­de vis­ser­man in my ver­wer­king van Die an­der Mar­ta – eers vir lees­te­a­ter in die Bax­ter, en la­ter in ’n vol­waar­di­ge op­voe­ring op die KKNK. Sy ef­fen­se gra­vel-stem het die ka­rak­ter prag­tig ge­pas. Chris was dank­baar vir die ge­leent­heid, maar had ’n baie hoë pre­mie op stan­daar­de.”

In Jak­hals­dans, waar­van De­on Mey­er die draai­boek ge­skryf het en Dar­rell Roodt die re­gis­seur was, het hy die skool­hoof ver­tolk.

Ma­ritz skryf op Fa­ce­book: “Neil San­di­lands bel van Lox­ton se wê­reld af. Wie cast hul­le as die bruin skool­hoof in Jak­hals­dans? Ek stel Chris voor. ‘Hoe toets ons hom?’ ‘Jy toets hom nie,’ re­ken ek. ‘Jy stel hom net aan. Hy is bril­jant.’ ”

Hy was voor­heen ge­troud, maar sy vrou is dood.

Majiedt het ook in die fliek Len­te­blom ver­skyn.

“Chris, met sy grin­te­ri­ge stem, ver­tolk die rol van ’n dwars en do­we o­mie wat niks van MIV/ vigs wil hoor nie,” skryf Ma­ritz.

Die RSG-om­roe­per Jo­han Ra­de­man het Mad­jiet die eer­ste keer op die ver­hoog op­ge­merk.

“Maar hy het so ont­wik­kel as ra­di­o­spe­ler dat ek dink dit ui­t­ein­de­lik sy nis was,” sê Ra­de­man, re­gis­seur van Ma­ria, moe­der van God en Gert Gar­ries: ’n Baa­s­ie­kel­blu­es.

“Hy het hom in­ge­leef in Gert Gar­ries. Met sy sen­si­ti­wi­teit vir die om­ge­wing en die si­tu­a­sie in Suid-A­fri­ka kon hy dit goed weer­gee.”

Cruy­wa­gen het dié dra­ma deur Pie­ter Fou­rie vir ra­dio ver­werk. Fou­rie het die Hert­zog­prys daar­voor ge­wen.

“Chris het vir sy spel in die ra­di­o­ver­wer­king groot lof van Pie­ter Fou­rie ge­kry,” sê Ra­de­man.

“Hy het ge­sê wat Wil­lem de la Qu­er­ra vir Faan se trein (ook ’n stuk deur Fou­rie) ge­doen het, het Chris Majiedt vir Gert Gar­ries ge­doen. Pie­ter het selfs ge­sê hy wil ’n to­neel­stuk met Chris in ge­dag­te skryf. Jy weet, ’n ka­rak­ter wat be­plan word rond­om Chris se ei­en­skap­pe as spe­ler. So het sy ra­di­o­spel ’n was­dom be­reik. Hy het be­slis die oog ge­tref.”

Hy word oor­leef deur sy vrien­din, An­na Pie­ters, en sy sus­ter, No­ra S­mit.

“Mag sy siel in vre­de rus,” skryf Ma­ritz op Fa­ce­book. “Mag ie­mand met seg­gen­skap oor die baie breë snel­weg tog een­dag ont­hou van Chris se teks­te en won­der­li­ke woor­de, en sy wer­ke ie­wers tot hul reg laat kom. Maar dit sal doen vat. Want hy het ge­weet, juis van­weë die paad­jies, en om­dat dit in sy bloed was, meer as die mees­te, hoe dit moes werk. Soos die He­re wil.”

Chris Majiedt

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.