S­to­ries in Ven­ter se de­buut eer­lik ver­tel

Die Burger - - 12 - La­e­ti­tia Pop­le

S­tam ,,,,

Kaap­stad is haas on­her­ken­baar in die skry­wer en re­gis­seur Louw Ven­ter se de­buut­prent,

S­tam.

Die stad ver­toon af­ge­leef, ver­rin­ne­weer en soms le­lik. Glad nie die aan­lok­li­ke toe­ris­te­stad met sy ryk­mens-speel­plek­ke aan­ge­vly teen die hoof­at­trak­sie, die ko­los Ta­fel­berg, nie. Ka­rak­ters ver­ga­der op die soom van die stad, in ag­ter­stra­te, on­der ’n snel­weg, in ver­val­le hui­se – die ak­sie is in ’n hos­pi­taal, by die po­li­sie­kan­toor en meest­al op straat.

Die prent be­gin met die eer­ste roe­rin­ge van ’n nu­we dag, die ka­me­ra flits tus­sen ’n in­tie­me ka­mer­to­neel na ’n ha­we­lo­se ma en seun­tjie. Jou aan­dag is da­de­lik ge­trek, die sto­rie is reeds swan­ger aan hoop en so­veel moont­lik­he­de. Af­wag­tend leef jy mee, we­tend dat hier ook on­heil aan die op­laai is.

Vyf s­to­ries van vyf men­se word in die loop van ’n paar uur hier uit­ge­lê. Van die men­se moet hard werk om te oor­leef, het­sy psi­gies of lig­gaam­lik. Die prent kom nie frag­men­ta­ries voor nie, dit het ’n teks­tuur, as­of die s­to­ries in­ge­weef word in ’n ta­pis­se­rie, wat ons eers aan die ein­de in sy ge­heel kan be­trag. Ons volg die men­se van lig­dag tot laat. Die ka­rak­ters is ver­bind aan me­kaar en die ver­want­skap ska­keer van die mees in­tie­me band tot ’n toe­val­li­ge ont­moe­ting. Van hul­le is to­ta­le vreem­de­lin­ge, maar in die loop van die dag word hul­le s­kie­lik op me­kaar aan­ge­we­se. In ’n oog­wenk kan van hul­le al­les ver­loor of kan hul le­we on­her­roep­lik ont­spoor.

Van hul­le is net ’n sa­la­ris­tjek weg van ’n le­we op straat. Of dalk kan al­les net vir een­maal mooi uit­werk vir hul­le?

Ven­ter stel nie ti­pes aan die ky­ker be­kend nie, maar ryk s­to­ries, al is dit met en­ke­le ha­le ge­skets. Die ge­ge­we is eint­lik aan jou as ky­ker baie be­kend. ’n D­welm­ver­slaaf­de, ’n ha­we­lo­se ma wat veg om haar kind en haar­self vei­lig te hou op straat, ’n po­li­sie­man wat wag op ’n moont­li­ke be­vor­de­ring, sy vrien­din, ’n ver­pleeg­ster, wat smag na ’n kind, ’n ver­by­gan­ger wat hom oor ’n ver­lo­re kind ont­ferm en ’n man wat met ge­weld le­we en als om hom ver­woes.

Ven­ter is ge­rug­steun deur die ver­vaar­di­gers van tref­fer­pren­te soos Inxe­ba (Die wond, 2017) en die dok­kie T­his Is Not a Bu­ri­al, It’s a Re­sur­recti­on (2020).

As kuns­te­naar is hy vrye teu­els ge­gee, en dit werp vrug­te af in die vrees­lo­se, reg­uit ver­tel van hier­die be­lang­ri­ke s­to­ries.

Die spel is oor­we­gend uit­ste­kend, ve­ral In­ge Beck­mann im­po­neer as die ha­we­lo­se vrou, wat hink tus­sen die ont­snap­ping wat dwelms bied, die skar­rel na kos en om vir haar seun­tjie te sorg. Gi­de­on Lom­bard staan sterk, tog ook so weer­loos as die po­li­sie­man, wat gaan­de­weg sy hou­vas blyk te ver­loor op al­les wat sin vir hom maak; en Tar­ryn Wyn­gaard oor­rom­pel as die ver­pleeg­ster wat e­mo­si­o­neel kan raak­vat met haar pa­si­ën­te, maar wie se dro­me aan die ver­vaag is. ’n Mens voel haar red­de­loos­heid aan. Al wat ef­fens ge­pla het, was die voor­stel­ling van Ar­mand Au­camp se ka­rak­ter en ook die ver­want­skap met sy vrou. Hier­die ky­ker kon die twee uit­een­lo­pen­de men­se nie by­me­kaar sit as man en vrou nie, ook het die voor­stel­ling van sy ka­rak­ter met pienk hemp en nek­ket­ting on­van­pas ge­voel. Mans wat ge­wel­de­naars is, lyk dalk juis ge­woon en nie so “sme­rig” nie.

Die le­we in S­tam is nie ver­glans nie en daar­in lê sy uit­klop­tref­krag. Die rol­prent­ma­ker het nie na mooi ein­des ge­soek om die ge­hoor se ge­moed te salf of om te keer dat die po­li­ti­ci frons nie. Die prent ver­ruim die A­fri­kaan­se rol­prent­skat deur die durf te hê om ou­ten­tiek te wees en ’n sto­rie te ver­tel soos dit is.

S­tam kan tot 1 Ok­to­ber op die KKNK se di­gi­ta­le plat­form ge­kyk word. Daar­na is dit van 2 Ok­to­ber af op DStv se BoxOf­fi­ce be­skik­baar. Die prent is die af­ge­lo­pe na­week as die bes­te Suid-A­fri­kaan­se rol­prent op die in­ter­na­si­o­na­le rol­prent­fees in Dur­ban aan­ge­wys.

Tar­ryn Wyn­gaard

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.