‘Zondo nié bo die reg ver­he­we’

‘Hy het ob­ses­sie met JZ, is be­voor­oor­deeld’

Die Burger - - 13 - Sa­rel van der Walt

In ’n bui­ten­ge­woon strie­men­de aan­val op ad­junk­hoof­reg­ter Ray­mond Zondo sê die Ja­cob Ged­leyihle­ki­sa Mhlan­ga­ny­el­wa Zu­ma-stig­ting hy is te­leur­ge­steld in Zondo se “ob­ses­sie” met oud­pres. Ja­cob Zu­ma.

Die stig­ting, waar­van die om­stre­de Du­du My­e­ni, voor­ma­li­ge voor­sit­ter van die di­rek­sie van die Suid-A­fri­kaan­se Lug­diens (SAL) en Zu­ma-ve­t­rou­e­ling, die voor­sit­ter is, sê Zondo se aan­val van­dees­week op die oud­pre­si­dent en sy pro­ku­reurs was “heel­te­mal on­ge­reg­ver­dig en be­voor­oor­deeld”.

Zondo moet deur hoof­reg­ter Mo­goeng Mo­goeng daar­aan her­in­ner word dat hy nie bo die reg ver­he­we is nie.

Die stig­ting se aan­val op Zondo, voor­sit­ter van die Zon­do­kom­mis­sie van on­der­soek na staat­skaping, volg net ’n dag na­dat die Gau­teng RET Pre­si­dent Zu­ma-on­der­steu­ners­groep ook ’n kwaai aan­val op Zondo en die kom­mis­sie ge­doen het.

Dit al­les volg na­dat Zondo Maan­dag sy voet dwars ge­sit het toe Zu­ma se reg­span aan­ge­dui het dat hy om ver­skeie re­des weer eens nie van­dees­week voor die kom­mis­sie sal ver­skyn nie.

Die stig­ting be­skul­dig Zondo daar­van dat hy be­sluit het hy gaan Zu­ma grof be­han­del. Op dié ma­nier kan hy se­ker maak dat hy (Zondo) in die toe­koms die be­lang­rik­ste pos op die reg­bank (dié van hoof­reg­ter) be­klee.

Die stig­ting sê in ’n ver­kla­ring, wat gis­ter­mid­dag uit­ge­reik is, Zondo het nie die­self­de moed ge­had om op te tree toe Pra­vin Gord­han, mi­nis­ter van o­pen­ba­re on­der­ne­mings, nie voor die kom­mis­sie ver­skyn het nie.

“Dié in­kon­se­kwent­heid en vrees vir die mag­ti­ges word nie ver­wag van die man wat die naas­hoog­ste pos in die reg­ter­li­ke ge­sag be­klee nie,” lui die ver­kla­ring.

Die stig­ting be­skul­dig Zondo daar­van dat hy op die me­di­a­kon­fe­ren­sie Maan­dag na­ge­laat het om te sê die in­struk­sies oor die da­tums van 9 Ok­to­ber en 16 tot 20 No­vem­ber is eers ver­le­de Vry­dag­mid­dag aan Zu­ma se pro­ku­reurs ge­kom­mu­ni­keer.

Zondo word voorts daar­van be­skul­dig dat hy moeds­wil­lig was toe hy die me­di­a­kon­fe­ren­sie be­lê het. Daar­mee het hy ver­keer­de­lik daar­op ge­sin­speel dat die oud­pre­si­dent of sy pro­ku­reurs hom uit­ge­daag het – en dit ter­wyl hul­le nog nie eens op sy brief van ver­le­de Vry­dag ge­re­a­geer het nie.

Dit is be­treu­rens­waar­dig dog nie ver­ras­send nie dat Zondo be­sluit het om hier­die kwes­sie deur die me­dia te han­teer, sê die stig­ting.

“Ons re­spek­teer die reg­bank, maar her­in­ner die voor­sit­ter (Zondo) daar­aan dat hy nie bo die reg ver­he­we is nie en dat hy al­mal ge­lyk moet be­han­del – ge­tui­e­nis én men­se wat ge­ïm­pli­seer word,” sê die stig­ting.

“Ons glo die voor­sit­ter moes eers ge­wag het op p­res. Zu­ma se reg­span om te ant­woord op die in­struk­sies wat hy eers Vry­dag uit­ge­stuur het.

“P­res. Zu­ma het nog al­tyd aan­ge­dui dat, on­danks sy be­den­kin­ge oor die wet­tig­heid van die kom­mis­sie, hy die kom­mis­sie re­spek­teer en met hom sal saam­werk.

“Dit wil voor­kom of die voor­sit­ter vas­be­slo­te is om be­voor­oor­deeld te wees teen­oor hom (Zu­ma) en hom te ver­klei­neer.

“Dit is ook be­treu­rens­waar­dig dat die voor­sit­ter be­sluit het om nie se­ke­re fei­te in sy toe­spraak te noem nie.”

Die stig­ting is ook on­ge­luk­kig om­dat Zondo ge­sê het Zu­ma gee nie sy sa­me­wer­king nie.

“Sul­ke ge­drag is be­ne­de die pos wat hy be­klee.”

‘‘

P­res. Zu­ma het nog al­tyd aan­ge­dui dat hy die kom­mis­sie re­spek­teer en met hom sal saam­werk.

Die stig­ting sê voorts deur die me­di­a­kon­fe­ren­sie te be­lê, het die reg­ter ’n goeie ge­leent­heid vir sa­me­wer­king on­ge­daan ge­maak.

Die stig­ting sê die hoof­reg­ter moet Zondo daar­aan her­in­ner dat hy ver­ant­woord­baar is aan die Grond­wet “en nie aan dié wat daar­na streef om te smous met die te­o­rie van staat­skaping” wie se doel dit is om se­ke­re men­se te straf en ter­self­der­tyd men­se te be­skerm wat nou mag­tig is nie.

Die kom­mis­sie is baie be­lang­rik vir die land, maar Zondo moet daar­teen waak dat hy nie die he­le pro­ses – en die be­las­ting­be­ta­lers se geld – kom­pro­mit­teer nie.

Die stig­ting sê hy doen ’n be­roep op Zondo om nie toe te laat dat sy per­soon­li­ke kwes­sies met die oud­pre­si­dent sy oor­deel be­ïn­vloed nie. Die reg­ter moet ook op­hou om vir die me­dia in die pa­vil­joen te speel.

Sul­ke op­tre­de hoort bui­te die reg­bank.

Fo­to: FELIX DLANGAMAND­LA

Oud­pres. Ja­cob Zu­ma by ’n vo­ri­ge ver­sky­ning voor die Zondo-kom­mis­sie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.