Dan­kie vir ja­re se saam­stap

Die Burger - - 14 - Le­o­pold S­choltz

Sa­ke van die Dag

Van­dag ver­skyn dié ru­briek ná 33 jaar die laas­te keer. Sa­ke van die Dag het ’n in­te­res­san­te ont­staans­ge­skie­de­nis. ’n Ru­briek met dié ti­tel is van die stig­ting van Die Trans­va­ler in 1937 deur my pa, G.D. S­choltz (nes ek his­to­ri­kus en joer­na­lis), be­har­tig tot 1974, toe Par­kin­son se siek­te ’n ein­de daar­aan ge­maak het.

In 1987 het die des­tyd­se re­dak­teur van Rap­port, wy­le Bob van Wal­sem, my ge­vra om ’n ru­briek vir sy koe­rant te skryf. Uit eer­bied vir my pa het ek be­sluit om dit ook Sa­ke van die Dag te noem. In 1991 is die ru­briek oor­ge­plaas na Die Bur­ger, waar dit se­dert­dien ver­skyn het.

Die ein­de van die ru­briek is nie my keu­se nie, maar ek re­spek­teer die reg van e­ni­ge re­dak­teur om te be­sluit wat hy in sy koe­rant wil plaas.

Do­sy­ne on­der­wer­pe is in die 33 jaar in die ru­briek be­han­del. As ek wel ’n en­ke­le te­ma kan i­den­ti­fi­seer wat ge­reeld aan die or­de was, is dit die kwes­sie van ek­stre­mis­me teen­oor ge­ma­tigd­heid, van swart-wit-den­ke teen­oor ge­nu­an­seer­de op­vat­tings. Som­mi­ge men­se is b­lyk­baar nie in staat om die in­ge­wik­keld­heid van die wê­reld te aan­vaar nie. Hul­le wil al­les tot een­vou­di­ge for­mu­les re­du­seer en dit doen hul­le dan met be­hulp van ’n i­de­o­lo­gie.

Vir die doel­ein­des van dié be­skou­ing de­fi­ni­eer ek ’n i­de­o­lo­gie as ’n ge­dag­te­stel­sel wat aan jou voor­skryf hoe die werk­lik­heid lyk, pleks van dat hy die werk­lik­heid ver­klaar soos hy ís.

Om ’n voor­beeld te noem: Die kom­mu­nis­me ver­eis dat die sa­me­le­wing deur ’n en­ke­le for­mu­le – die klas­stryd – be­paal word. Na­tuur­lik speel die ver­skil tus­sen klas­se ’n rol, maar deur dit tot die e­nig­ste, al­les­om­vat­ten­de fak­tor te ver­hef ver­skraal jy die werk­lik­heid tot die punt van on­her­ken­baar­heid.

A­part­heid was ook só ’n voor­beeld: Die be­lang­rik­ste (vir som­mi­ge men­se die é­nig­ste) ver­kla­ring van die wê­reld is ras, na­si­o­na­lis­me en et­nie­se i­den­ti­teit. Ook dít is ’n be­lang­ri­ke fak­tor, maar ver­re­weg nie die e­nig­ste nie.

Die wê­reld kan nie in sy vol­heid be­gryp word deur sim­plis­tie­se swart-wit­den­ke nie, maar wel deur die on­ein­di­ge ska­ke­rings van grys.

En dít verg ’n ver­moë om ge­nu­an­seerd te kan dink, om te er­ken dat pro­ble­me vol­ko­me le­gi­tiem uit tal­le ver­skil­len­de rig­tings be­na­der kan word; dat án­der ver­trek­pun­te as jou eie nie nood­wen­dig leu­en­ag­tig is nie.

Want dít is die ba­sie­se ken­merk van ek­stre­mis­me: ’n On­ver­moë om te­rug te staan en jou eie (en an­der se) stand­pun­te met per­spek­tief te be­kyk.

Baie men­se maak steeds die fout om die po­li­tie­ke spek­trum as ’n reg­uit lyn te sien, van ui­ters links tot ui­ters regs.

In­der­waar­heid lyk dit eer­der soos ’n hoef­ys­ter, waar link­se en reg­se ek­stre­mis­te na aan me­kaar is, in elk ge­val veel na­der as die af­stand tus­sen hul­le en die ge­ma­tig­des.

Die ge­skie­de­nis van die kom­mu­nis­me en die na­si­o­naal-so­si­a­lis­me il­lus­treer dit. Die in­houd van die twee i­de­o­lo­gieë het in be­paal­de op­sig­te ver­skil, maar hul men­ta­li­teit, die to­ta­li­tê­re wy­se waar­op hul­le hul­self in die prak­tyk ge­ma­ni­fes­teer het, was feit­lik i­den­ties.

Jo­sef S­ta­lin en A­dolf Hit­ler was by wy­se van spre­ke bloed­broers. Net soos by­voor­beeld Ju­li­us Ma­le­ma en wy­le Eugè­ne Ter­re’Blan­che.

Dus was hier­die ru­briek deur­gaans ’n plei­dooi vir ra­si­o­na­li­teit pleks van oor­dre­we e­mo­sie, vir be­skaafd­heid pleks van ’n ge­skel, vir ge­nu­an­seer­de den­ke pleks van ’n sim­plis­tie­se be­na­de­ring.

Waar plaas dit my as ru­briek­skry­wer? Ek het ’n he­kel aan die plak van e­ti­ket­te. Dus, her­kou maar aan dié ge­nu­an­seerd­heid: Ek is kon­ser­wa­tief-li­be­raal. Of, as jy dit ver­kies, li­be­raal-kon­ser­wa­tief. Hoe ook, ek is mi­li­tant ge­ma­tig. En dwárs.

Bes­te le­ser, dan­kie dat jy die af­ge­lo­pe 33 jaar op dié pad saam met my was.

Gaan kyk el­ke dag na ’n “Goue Oue” uit F­red Mou­ton se pen by www.die­bur­ger.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.