Wie gaan wed­loop wen? JZ of...

Die Burger - - 14 - Piet, K­lein­mond

Ek sien die mees­ter van jak­kals­draaie, Ja­cob Zu­ma, is al 78 jaar oud. In die ou weer­mag sou die troe­pe ge­sê het: “Min dae, vas­byt!” En byt hy nie vas nie!

Wat eg­ter soos ’n paal bo wa­ter staan, is dat hy ook vroe­ër of la­ter aan een of an­der na­tuur­li­ke (of on­na­tuur­li­ke) oor­saak sal dood­gaan.

En dan gaan hier­die ar­gi­tek en (soos Die Bur­ger hom noem) die “hoof­fa­si­li­teer­der van staat­skaping” se­ker ’n staats­be­graf­nis kry, goed­guns­tig ge­borg deur die Suid-A­fri­kaan­se be­las­ting­be­ta­lers, met hart­roe­ren­de hul­de­bly­ke aan dié “wê­reld­lei­er-com­ra­de” en sy e­pog­ma­ken­de rol in die be­vry­ding­stryd, as­ook sy lei­den­de rol in die op­hef­fing en voor­uit­gang van die men­se van Suid-A­fri­ka.

Moet tog nie dat die feit van ’n werk­loos­heid­sy­fer van 30%, grens­lo­se ar­moe­de en die wan­hoop van mil­joe­ne Suid-A­fri­kaan­se

stem­vee in die pad staan van hul­de­bly­ke, eer­be­to­nings en wol­ke warm lug, as­ook al­ler­lei luid­klin­ken­de, niks­seg­gen­de uit­la­tings van wê­reld­lei­ers soos dié van Ku­ba, Rus­land, C­hi­na en me­ni­ge A­fri­ka-com­ra­des nie.

Dit is om nou nog nie eens te praat van daar­die breed­spra­ki­ge vlooi in die ANC-pels, Carl Nie­haus, nie.

Nee, com­ra­de Ja­cob was en is nog al­tyd ver­he­we bo al­le kri­tiek en be­skul­di­gings van kor­rup­sie, be­drog, dief­stal, leu­ens, staat­skaping en ’n ge­heul met aarts­skur­ke soos die Gup­tas.

Die groot vraag wat baie le­sers se­ker vra, is wie gaan dié wed­loop wen?

Zu­ma, wat be­sluit om “per­ma­nent uit te tree” vóór­dat die reg­stel­sel hom ’n o­ran­je oor­pak aan­trek, of die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag en die Suid-A­fri­kaan­se reg­stel­sel?

Soos die En­gel­se sê: “Wa­tch t­his spa­ce.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.