Hoe be­taal jy son­der re­ke­naar?

Die Burger - - 14 - Ron­nie Gra­ce, Lan­ge­baan

Ek won­der net hoe­veel men­se weet dat al­le tjeks in SuidA­fri­ka op 31 De­sem­ber 2020 ge­staak gaan word. Ja, van 1 Ja­nu­a­rie 2021 af sal geen tjeks meer ge­bruik kan word nie.

Ek het ’n brief van my bank ont­vang waar­in hul­le my in ken­nis stel dat al­le ban­ke in Suid-A­fri­ka be­sluit het om op 31 De­sem­ber 2020 weg te doen met tjeks. Al­le be­ta­lings sal dus deur mid­del van in­ter­net­bank­diens­te met be­hulp van ’n re­ke­naar be­taal moet word.

Dit raak my glad nie, aan­ge­sien ek al my be­ta­lings deur mid­del van my re­ke­naar doen. Ek kan nie ont­hou wan­neer laas ek ’n tjek uit­ge­skryf het nie. Ek stem ook saam met ons bank­we­se, aan­ge­sien tjeks vir baie bank­be­drog ver­ant­woor­de­lik is.

Maar wat van men­se wat nie ’n re­ke­naar het nie? Hoe gaan hul­le hul be­ta­lings doen in­dien hul­le dit tot dus­ver deur mid­del van tjeks ge­doen het? Ek vra maar net aan­ge­sien hier­die nu­we re­ë­ling baie moei­lik­heid gaan ver­oor­saak vir hier­die men­se, ve­ral vir ou­er men­se wat nie re­ke­naar­vaar­dig is nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.