Dís nie hoe jy ver­brui­ker be­han­del

Die Burger - - 14 - A­no­niem, Ron­de­bosch

Ek en my vrou rook nou al ja­re een van die top­vyf-si­ga­ret­maat­skap­pye se pro­duk­te. Voor die gren­del­tyd­perk het ’n pak­kie ons R44,50 ge­kos. Ty­dens die paar dae wat ons si­ga­ret­te kon koop, was dit R47,50. Nou­dat dit weer vry­e­lik be­skik­baar is, be­taal ons vir die­self­de pak­kie R55!

Ek het per e-pos oor die prys­sty­ging van 24% na­vraag ge­doen. Ná my der­de e-pos kry ek ’n ou­to­ma­tie­se ant­woord wat sê die a­dres word nie be­man nie en dit gee my ’n nom­mer wat ek kan ska­kel. Die e-pos­a­dres is cu­s­to­mer­ser­vi­cesxxx@xxxxx.co. za. Bid jou aan! Op sy web­blad gee hy dit aan as ’n kon­ta­k­a­dres, maar nie­mand be­man dit nie.

Dis ’n groep met so­wat 95 000 werk­ne­mers wê­reld­wyd. En dis hoe hy ver­brui­kers be­han­del.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.