Po­li­sie het my in die steek ge­laat

Die Burger - - 14 - Wes­sel Blo­me­rus, Gor­dons­baai

On­danks die toe­na­me in sel­foon­dief­stal­le, word dit nie meer deur die po­li­sie on­der­soek nie.

My sel­foon is on­langs deur sak­ke­rol­lers ge­steel. Die po­li­sie het ver­eis dat ek eers die sim­kaart blok­keer en die sel­foon “swart­lys” voor­dat ek die dief­stal kon aan­meld. Die dief kry dus ’n kans om weg te kom ter­wyl ek met die pro­ses be­sig is. Geen ver­kla­ring is ge­neem nie, slegs ’n vorm met ge­brek­ki­ge in­lig­ting word non­cha­lant vol­tooi.

In dié ge­val is ’n sin­di­kaat be­trok­ke en was die mo­tor­re­gis­tra­sie­nom­mer en CCTV-in­lig­ting be­skik­baar, maar dit was nie vir die po­li­sie “van toe­pas­sing” nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.