Dít moet ons stre­we wees

Die Burger - - 15 - Il­lus­tra­sie: ISTOCK

Die hui­di­ge de­bat oor die ver­skui­wing van stand­beel­de en mo­nu­men­te bied ’n ge­leent­heid om op­nuut van ons di­ver­se ver­le­de ken­nis te neem en om re­spek vir me­kaar se er­fe­nis te kweek, ter­wyl ons saam bou aan ’n nu­we kul­tuur in die wa­re gees van ver­soe­ning, skryf Mi­cha­el le Cor­deur.

Die re­ge­ring se on­lang­se be­sluit om goed­keu­ring te ver­leen om voort te gaan met ’n pro­ses om stand­beel­de en mo­nu­men­te van die a­part­heids- en ko­lo­ni­a­le era te ver­skuif (al het deel­ne­mers op o­pen­ba­re sit­tings oor­wel­di­gend aan­ge­dui die beel­de kan maar bly), ver­dien om in her­o­ën­skou ge­neem te word.

Die mi­nis­te­ri­ë­le taak­span wat die trans­for­ma­sie van die er­fe­nis­land­skap on­der­soek het, is van me­ning dat se­ke­re beel­de en mo­nu­men­te “te aan­stoot­lik” is om lan­ger ten toon ge­stel te word.

Nie­mand stry meer dat a­part­heid en ko­lo­ni­a­lis­me ver­keerd was nie.

Die vraag is hoe ge­skied so ’n pro­ses son­der om die­ge­ne te an­ta­go­ni­seer wat voel dat ’n be­trok­ke stand­beeld of mo­nu­ment ’n deel van hul er­fe­nis ver­teen­woor­dig.

Vol­gens een kom­men­ta­tor kan die ver­skui­wing van stand­beel­de en mo­nu­men­te na te­ma­par­ke by ge­meen­skap­pe die ge­voel wek dat hul­le en hul er­fe­nis van voor af in kon­sen­tra­sie­kam­pe op­ge­sluit is.

Maar vol­gens die de­par­te­ment van s­port, kuns en kul­tuur is dit nie ’n po­ging om ’n deel van SuidA­fri­ka se ge­skie­de­nis uit te wis nie.

Nog min­der word dit uit woe­de ge­doen. Dit gaan bloot daar­om dat ’n si­tu­a­sie waar se­ke­re stand­beel­de en mo­nu­men­te be­ska­dig word – soos wat met die beel­de van Paul Kru­ger en Jan van Rie­beeck ge­beur het – voor­kom word.

Maar is dit die bes­te op­los­sing?

Laat die pro­ses in­klu­sief wees

Vir my is dit dui­de­lik dat die pro­ses wat só ’n stap voor­af­gaan, vol­ko­me in­klu­sief moet wees van al­le rol­spe­lers en ge­meen­skap­pe en hul lei­ers en of ver­teen­woor­di­gers. Die re­ge­ring het, in al­le bil­lik­heid, nie te sleg ge­doen nie.

’n Meer ge­fo­kus­de be­na­de­ring is no­dig so­dat el­ke ge­meen­skap ei­e­naar­skap van die pro­ses kan neem wat oor-en-weer ver­wy­te ag­ter­na sal uit­ska­kel. Dit vra vir re­spek vir me­kaar se ver­le­de en em­pa­tie vir hui­di­ge stand­pun­te.

In hier­die op­sig het die be­stuur van die U­ni­ver­si­teit van die Vry­staat ’n na­vol­gens­waar­di­ge voor­beeld ge­stel met die ver­skui­wing van die stand­beeld van oud­pres. M.T. S­teyn op sy kam­pus.

Dank­sy ’n in­klu­sie­we pro­ses en deeg­li­ke kon­sul­ta­sie met al­le par­tye, is ’n oor­een­koms be­reik dat die stand­beeld ver­skuif word na die Oor­logs­mu­seum van die Boe­re­re­pu­blie­ke. A­friForum Jeug was nie ui­ter­ma­tig op­ge­won­de oor die stand­beeld se ver­skui­wing nie, maar het aan­vaar dat dit die bes­te be­sluit is vir al­le par­tye.

Net so, maar son­der om voor­gend skrif­te­lik te wees, kan dit dalk oor­weeg word om die stand­beel­de van Paul Kru­ger na die Voor­trek­ker­mo­nu­ment in P­re­to­ria en dié van Jan van Rie­beeck na die Kas­teel in Kaap­stad te ver­skuif.

Wat van die in­heem­se er­fe­nis?

Ter­wyl ons eg­ter praat oor ge­meen­skap­pe wat ge­grief sal voel oor die ver­skui­wing van stand­beel­de en mo­nu­men­te wat vir hul­le be­lang­rik is, is dit ook no­dig – selfs hoog tyd – dat daar ge­praat word oor die in­heem­se ge­meen­skap­pe van ons land wie se er­fe­nis nog al die ja­re mis­ken en ge­mar­gi­na­li­seer is.

Ek het op la­er­skool ge­leer dat Jan van Rie­beeck op 6 A­pril 1652 hier voet aan wal ge­sit het. Vir baie lank is dit ook as die be­gin­punt van ons ge­skie­de­nis voor­ge­hou.

Maar geen hand­boek het ooit ’n

‘‘

As dit werk­lik ons erns is om hier­die land te maak werk, sal al­mal moet be­sef dat er­ken­ning en waar­de­ring van ons u­nie­ke en in­di­vi­du­e­le er­fe­nis be­lang­rik is.

woord ge­rep oor Kro­toa nie. Self het ek al in hier­die ruim­te ’n plei­dooi ge­le­wer dat die Kaap­stad­se In­ter­na­si­o­na­le Lug­ha­we na Kro­toa, vol­gens al­le ver­slae die moe­der van ver­skeie Suid-A­fri­kaan­se fa­mi­lies, ver­noem word.

Die rol wat Do­man, Auts­hu­mao en Kro­toa ge­speel het in ons land se ge­skie­de­nis, as­ook A­fri­kaans en die K­hoi-er­fe­nis, het nog nie die ge­pas­te er­ken­ning ge­kry nie.

Ver­bly­dend is die feit dat ge­sprek­ke tans aan die gang is om die Oos-Lon­den­se lug­ha­we te ver­noem na ko­ning Pha­lo, ’n X­ho­sa-ko­ning van die 18de eeu.

Dit is ’n aan­dui­ding dat die re­ge­ring ui­t­ein­de­lik aan die X­ho­sa-er­fe­nis die er­ken­ning wil gee wat dit ver­dien. Soos die Ko­ning S­ha­ka-lug­ha­we in Dur­ban er­ken­ning gee aan die Zoe­loe-er­fe­nis.

Ons kan hier­die ar­gu­ment uit­brei na die Bo-Kaap en hul Mos­lem-er­fe­nis, die G­rie­kwa-be­vol­king en hul lei­ers soos A­dam Kok en Hen­drik le F­leur, en baie an­der voor­beel­de.

Op­voe­ding is nood­saak­lik

’n Pla­sing op so­si­a­le me­dia waar­in die Nieu-See­land­se pre­mier, Ja­cin­da Ar­dern, spog dat al­le kin­ders daar nou on­der­rig word in Ni­euSee­land se ge­skie­de­nis, het ’n knop in my keel ge­bring.

Ek glo on­wrik­baar dat dít die plek is om te be­gin. As die re­ge­ring werk­lik die stand­beel­de en mo­nu­men­te teen van­da­lis­me wil be­skerm, is die op­los­sing in op­voe­ding, nie om dit in “te­ma­par­ke” weg te steek nie.

Om te ver­se­ker dat Suid-A­fri­ka­ners re­spek vir me­kaar se ver­deel­de er­fe­nis kweek, is dit no­dig dat al­le leer­lin­ge on­der­rig word oor hul land en sy di­ver­se be­vol­king se ver­le­de. Suid-A­fri­kaan­se ge­skie­de­nis be­hoort ’n ver­plig­te vak in die al­ge­me­ne-on­der­rig-en-op­voe­dings­fa­se (AOO) te wees vir gr. 7 tot 9.

In hier­die sta­di­um van hul le­we is leer­lin­ge ver­stan­dig ge­noeg om die leu­se “Een­heid in di­ver­si­teit” te be­gryp. Deur eer­ste­hands die kor­rek­te in­lig­ting te ont­vang, sal nie net waar­de­ring kweek vir me­kaar se u­nie­ke er­fe­nis nie, ons kan dalk net uit­vind dat ons meer in ge­meen het as wat ons wil be­sef.

Een­drag is mos mag

As dit werk­lik ons erns is om hier­die land te maak werk, sal al­mal moet be­sef er­ken­ning en waar­de­ring van ons u­nie­ke en in­di­vi­du­e­le er­fe­nis is be­lang­rik.

Maar dit is selfs meer van be­lang dat ons moet be­gin fo­kus op daar­die as­pek­te in ons sa­me­le­wing wat ons as ’n volk saam­bind.

Dit sluit ons oor­win­nings in die Rug­by­wê­reld­be­ker in. Soos E­bra­him Rasool on­langs te­reg ge­noem het, moet ons meer klem lê daar­op dat die S­pring­bok­span ’n baie ster­ker span is as hy ver­teen­woor­di­is van al­le Suid-A­fri­ka­ners; as al­mal hul­self met die spe­lers op die veld ver­een­sel­wig en hul­self op die veld her­ken. Een­drag is mos mag!

Só ’n span is nie net ’n wen­ner op die veld nie, dit is selfs ster­ker van die veld af om­dat steun vir die span net kan groei as al­mal die bo­na fi­des van die span aan­vaar.

Die bes­te ma­nier om stand­beel­de te be­waar, is nie ag­ter slot en g­ren­del nie, maar om die na­la­ten­skap daar­van te laat voort­leef in die har­te en kop­pe van Suid-A­fri­ka­ners. Dít is wat op­voe­ding kan bied.

Eer­der beur­se vir na­vor­sing

Pleks dat die de­par­te­ment van s­port en kul­tuur geld be­stee aan die ver­skui­wing van stand­beel­de en mo­nu­men­te, be­hoort hy beur­se be­skik­baar te stel aan jong­men­se om na­vor­sing (mees­ters- en dok­to­ra­le stu­die) te doen oor hul er­fe­nis.

As die waar­heid oor ons ver­le­de gron­dig na­ge­vors en ge­boek­staaf is, moet dié ken­nis hul pad vind na ge­skie­de­nis­hand­boe­ke.

As die re­ge­ring erns­tig is om die er­fe­nis­land­skap te trans­for­meer, sal hul­le moet be­sef trans­for­ma­sie is nie ’n en­ke­le daad nie. Dit is ’n nu­we leef­wy­se wat voort­du­rend her­be­soek en aan­ge­pas moet word vol­gens ons ver­an­der­de sa­me­le­wing.

Om in hier­die land in vre­de en har­mo­nie te wil saam­leef, ver­eis dat al­mal ’n kop­skuif maak. Wa­re ver­soe­ning is net moont­lik as ons me­kaar half­pad ont­moet en be­reid is om iets van ons­self prys te gee.

So, kom ons dans

Dit is goed as elk­een sy er­fe­nis vier, of dit nou met ’n braai of ’n dans is. Vir som­mi­ge van ons is dit be­lang­rik om fees te vier met sak­kie-sak­kie. Die nu­we ge­slag leef hul­le uit in hip-hop en kwai­to en lag vir ons lang­arm­dan­se. Maar dalk het die pre­si­dent ’n punt beet as hy ons vra om Er­fe­nis­dag te vier met die “Je­ru­sa­le­ma”-dans.

Die­ge­ne wat nie met die pre­si­dent saam­stem nie, moet weer dink. Joer­na­lis­te kan skryf, a­ka­de­mi­ci kan be­sin, en po­li­ti­ci kan sê wat hul­le wil, maar Jan Pu­bliek be­sluit met sy hart en stem met sy voe­te.

Gaan kyk ge­rus op so­si­a­le me­dia. “Je­ru­sa­le­ma” het be­wys dat dit ’n volk kan saam­snoer. Dit moet ons stre­we wees. So, kom ons dans.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.