Die seer van ’n hart wat al­leen in jou bors klop

Die Burger - - 15 - Ter­loops An­ne­ma­rie van der Walt

Uit wat­ter ne­wels van die nag die sin op­daag waar­mee ek wak­ker ge­maak word, is ’n ge­hei­me­nis. Ek wou nog om­draai en ver­der slaap, maar kon die pre­sie­se woord­or­de van die sin nie ont­hou nie en staan toe op om die boek met die ver­geel­de blad­sye te gaan haal waar­in aan­ha­lings neer­ge­skryf word teen die ver­geet.

“No one e­ver told me that grief felt so li­ke fe­ar. I am not af­raid, but the sen­sa­ti­on is li­ke being af­raid. The sa­me flut­te­ring in the sto­mach, the sa­me re­st­less­ness...” skryf C.S. Le­wis in A Grief Ob­ser­ved.

Waar­om sou ek die flad­de­ring op die krop van my maag voel? En vir wat sit daar so ’n ban­ge­ri­ge huil in die kuil­tjie van my keel? Dalk is dit slegs maar deel van die wê­reld se kol­lek­tie­we rou oor dit wat was en skyn­baar nooit weer die­self­de sal wees nie, maak ek my­self wys.

Maar toe die kof­fie­blik uit my klam hand­palms gly en die moer oor die vloer ge­strooi lê, tjank ek. Want ek weet ek lieg vir my­self. Daar is geen meer ver­wag­ting wan­neer die wind aan die voor­deur pluk nie.

Dit ís nie ’n hal­lo-ek-is-hier-klop nie. Leer af, dig N.P. Van Wyk Louw: “Moe­nie luis­ter. / Moe­nie wag. Moet niks ver­wag nie. / Leer die ver­wag­ting af. Leer die wág af. / Leer áf om te luis­ter. Leer af.”

En: “Ek het jou voet­stap leer ver­geet al / of: leer nie-ont­hou-nie – weet ek nie.”

Die ver­lies van ’n ver­hou­ding is maar net nog ’n sy­fer­tjie tus­sen al die mor­bie­de statistiek­e in hier­die pan­de­mie­se tyd.

Maar die vet weet, as ek ooit weer die sin­spe­ling “lief­de in die tyd van Co­vid-19” op Ga­briel Gar­cía Már­quez se boek moet lees, ge­bruik ek daar­die ein­ste Lo­ve in the Ti­me of C­ho­le­ra as ’n ver­dom­de deur­stop­per.

Die hond snuif aan die kof­fie­moer op die vloer en kry ’n nies­aan­val. En dit laat my lag as­of dit die snaaks­ste ding is wat al op die gan­se aar­de ge­beur het.

Was ek al ooit so dank­baar vir ’n vroeg­og­gend­se klein waan­sin?

Dit is ie­der ge­val die sim­pel goed wat ’n mens ont­hou en af­skeid van moet neem wan­neer jou hart op­nuut al­leen klop. Maar in skrei­en­de eer­lik­heid is dit meest­al die ver­wag­ting wat jy van jou­self ge­had het.

Die hond druk haar kof­fie­snoet in my nek toe ek buk om ’n le­pel kof­fie te red om die dag mee te be­gin.

Stap gaan ons stap, be­lo­we ek haar, tot daar waar die es­karp weg­val voor die voe­te, en op pad soon­toe gaan die wind ons wild en wak­ker waai, en ek gaan die skry­wer San­dra Cis­neros se sin ont­hou uit haar boek The Hou­se on Man­go S­treet: “W­hen I am too sad and too skin­ny to keep keeping, (...) then it is I look at trees.”

En so gou ek weer by ’n boek­win­kel kom, be­stel ek Cis­neros se an­der boek Wo­man Hol­le­ring C­reek. Want dit is ’n rou, waan­sin­ni­ge mooi ti­tel.

‘‘

Dis die sim­pel goed wat jy ont­hou en af­skeid van moet neem wan­neer jou hart al­leen klop.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.