50 Jaar ge­le­de | 24 Sep­tem­ber 1970

Die Burger - - 15 -

V Nu­we ver­kie­sings­plan: Dit is waar­skyn­lik van­jaar die laas­te keer dat pro­vin­si­a­le ver­kie­sings en Volks­raad­ver­kie­sings af­son­der­lik ge­hou sal word. ’n Sterk ge­voel be­staan on­der Volks­raads­le­de dat die ver­kie­sings op die­self­de dag ge­hou moet word. Die groot­ste strui­kel­blok is eg­ter dat die Vry­staat en Na­tal se af­ba­ke­nings vir kies­af­de­lings vir die Volks­raad en die Pro­vin­si­a­le raad aan­sien­lik ver­skil. Pro­ble­me sal ont­staan as in die twee pro­vin­sies op die­self­de dag vir al­bei ver­teen­woor­di­gen­de lig­ga­me ge­stem moet word.

V S­peur­der tree op: ’n Be­sen­ding van tien sak­ke dag­ga, ver­moe­de­lik be­doel vir ver­sprei­ding in die S­kier­ei­land, is gis­ter­mid­dag dank­sy die op­let­tend­heid van ’n lid van die Moord- en Roof­af­de­ling op Klap­muts on­der­skep. Die waar­de van hier­die dag­ga in die klein­han­del is so­wat R8 000. Die smok­ke­laar se mo­tor het son­der brand­stof gaan staan en s­peur­der-ser­sant John­nie Roux het hom her­ken as ’n po­li­sie-ver­dag­te.

V Eer­ste in Le­so­tho: Le­so­tho kry bin­ne­kort sy eer­ste vroue-kon­sta­bels. Die eer­ste af­de­ling van 11 vroue sal op 2 Ok­to­ber deur die kom­mis­sa­ris van po­li­sie, mnr. F­red Ro­ach, by ’n voor­stel­lings­pa­ra­de ge­ïn­spek­teer word. Hul­le was ses we­ke op­ge­lei.

V Nog­maals die mi­ni: Die mi­ni en die ver­sprei­ding van die hip­pie-kul­tus in Eu­ro­pa het ’n baie sleg­te in­vloed op die vraag na wol­pro­duk­te, het mnr. J ter Haar, Noord-Eu­ro­pe­se streek­di­rek­teur van die In­ter­na­si­o­na­le Wol­se­kre­ta­ri­aat, gis­ter in Dur­ban ge­sê. Hy het ge­praat op die 41ste kon­gres van die Na­si­o­na­le Wol­kwe­kers­ver­e­ni­ging van Suid-A­fri­ka. “Ons mans ver­wel­kom dalk die ont­blo­te knie en selfs meer, wat trots on­der die mi­ni­romp uit­loer, maar die hoe­veel­heid ma­te­ri­aal wat ge­bruik word vir die ver­vaar­di­ging van vrou­e­kle­re, het be­slis ver­min­der met hier­die mo­de.” Hy het ook ge­sê dat die hip­pies, in ge­du­ri­ge weer­stand teen die heer­sen­de or­de, die ver­kramp­tes, die mid­del­ja­ri­ges, die ry­kes en die wel­ge­kle­des, gee hul weer­sin te ken­ne met slor­di­ge lok­ke, vuil klink­na­el­broe­ke, be­smeer­de T-hem­pies of lang kaf­tans, wat ge­maak is van al­les be­hal­we wol.

V Ad­ver­ten­sie: P­ret­mo­des vir die so­mer by Pickles: ge­blom­de Sung­le­am-broek­pak­ke teen R2,99; blou de­nim teen R6,85; ge­blom­de Hel­lan­ca-een­stuk-swem­pak­ke teen R2,99.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.