S­ke­pe vaar nou met goed­ko­per ‘ver­snit­te’ van stra­ler­brand­stof

Die Burger - - 16 -

Brand­stof vir pas­sa­siers­vlieg­tuie is nor­maal­weg een van die duur­ste o­lie­pro­duk­te, maar weens die skerp da­ling in die vraag daar­na word dit nou met an­der, goed­ko­per soor­te brand­stof ge­meng vir die skeep­vaart.

Ke­ro­seen, wat ge­woon­lik tot vlieg­tuig­brand­stof ver­werk word, word nou ge­bruik om ’n bran­do­lie met ’n baie lae swa­el­in­houd te skep vir ge­bruik in s­ke­pe. Groot hoe­veel­he­de die­sel en an­der ga­so­lies word ook tot brand­stof vir s­ke­pe ver­werk.

Dié skuif was ’n jaar ge­le­de nog by­kans on­denk­baar, juis om­dat vlieg­tuig­brand­stof so duur is om te ver­vaar­dig. Die In­ter­na­si­o­na­le Ver­e­ni­ging vir Lug­ver­voer glo ook nie dat lug­ver­keer voor 2024 gaan te­rug­keer tot die vlak voor die ko­ro­na­vi­ruspan­de­mie nie.

“Die e­nig­ste si­tu­a­sie waar­in die duur be­stand­de­le vir vlieg­tuig­brand­stof eer­der vir skeep­vaart ge­bruik word, is wan­neer die e­ko­no­mie aan sker­we is,” sê Eu­ge­ne Lin­dell, se­ni­or ont­le­der en kon­sul­tant by JBC E­ner­gy.

Die prys van vlieg­tuig­brand­stof in Sin­ga­poer, waar groot hoe­veel­he­de daar­van ver­vaar­dig word, het van $70 per vat in Ja­nu­a­rie tot by­kans $20 per vat in Mei ge­val voor­dat dit iet­wat her­stel het tot $41 per vat.

Die prys van brand­stof vir s­ke­pe is e­wen­eens tot 53% la­er as wat dit was aan die ein­de van ver­le­de jaar.

Hoe­wel die pro­ble­me in die lug­vaart­be­dryf goeie nuus is vir die skeep­vaart­be­dryf, kan die ver­men­ging van se­ke­re kom­po­nen­te vir brand­stof pro­ble­me ver­oor­saak.

Han­dels­hui­se en raf­fi­na­de­rye koop ge­woon­lik groot hoe­veel­he­de stook­o­lie en ver­werk dit tot brand­stof vir s­ke­pe.

As te veel ke­ro­seen ge­bruik word, kan dit die tem­pe­ra­tuur ver­laag waar­teen die brand­stof vlam­vat, wat ’n erns­ti­ge ge­vaar vir vaar­tuie in­hou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.