Co­vid-ei­se: San­lam be­taal R162 m. uit

Die Burger - - 16 - Han­lie S­tad­ler

San­lam het van Maart tot Au­gus­tus meer as R162 mil­joen se ei­se uit­be­taal wat reg­streeks met Co­vid-19 te doen het.

Dit sluit in 303 le­wens- en be­graf­nis­po­lis­se ter waar­de van R144,6 mil­joen vir die fa­mi­lie­le­de van men­se wat aan Co­vid-19 ge­sterf het.

Al­te­sa­me 670 ei­se ter waar­de van R17,44 mil­joen is vir in­kom­ste­be­sker­ming en me­die­se dek­king uit­be­taal aan men­se wat die siek­te op­ge­doen het.

Pe­trie Marx, ’n ak­tu­a­ris by San­lam, sê ei­se wat met Co­vid-19 ver­band hou, het in Au­gus­tus skerp ge­styg. Die be­drag wat in dié maand vir die ko­ro­na­vi­rus­siek­te uit­be­taal is, was dub­beld wat van Maart tot Ju­lie daar­voor uit­be­taal is.

Ei­se vir siek­te en in­kom­ste­be­sker­ming het in Ju­lie skerp ge­styg en toe ver­der ge­styg in Au­gus­tus.

Die hoog­te­punt van in­fek­sies in Suid-A­fri­ka is in Ju­lie en Au­gus­tus be­reik.

Meer as 80% van die ei­se vir le­wens­dek­king was vir men­se van ou­er as 50 jaar, ter­wyl 89% van die ei­se vir siek­te en in­kom­ste­be­sker­ming vir men­se jon­ger as 50 jaar was.

Die meer­der­heid ei­se vir siek­te en in­kom­ste­be­sker­ming was van men­se wat in me­die­se en ge­sond­heids­diens­te ge­werk het. Dit ver­teen­woor­dig 88% van dié ei­se. San­lam het ook in­kom­ste­be­sker­ming uit­be­taal in ge­val­le waar men­se nie kon werk nie om­dat hul­le moes sel­f­i­so­leer weens bloot­stel­ling aan ie­mand wat Co­vid-19 op­ge­doen het, al het hul­le nie self die siek­te ge­had nie.

22% van die sterf­te­voor­de­le wat uit­be­taal is, was vir be­graf­nis­po­lis­se, waar die ver­se­ker­de per­soon se be­roep nie ge­vra word nie. ’n Ver­de­re 22% was vir pen­si­oen­trek­kers en nog 22% vir men­se in nood­saak­li­ke be­roe­pe (ge­sond­heids­wer­kers en staats­amp­te­na­re).

Die mees­te le­wens- en be­graf­nis­po­lis­se is uit­be­taal vir mans (60%) wat aan Co­vid-19 ge­sterf het.

Ef­fens meer vroue (51%) het vir siek­te en ty­de­li­ke on­ge­skikt­heid ge­ëis. Die mees­te ei­se vir siek­te en in­kom­ste­be­sker­ming was van Gau­teng (41%), ge­volg deur die Wes-Kaap (18%).

Die mees­te le­wens- en be­graf­nis­po­lis­se is in die Oos-Kaap (26%) uit­be­taal, ge­volg deur Gau­teng (23%), die Wes-Kaap (20%) en K­waZu­lu-Na­tal (17%).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.