Ont­werp­fou­te by 3 een­he­de van Me­du­pi reg, sê E­s­kom

Die Burger - - 16 - Fran­cois Wil­li­ams

Te mid­de van E­s­kom se ge­suk­kel om van dag tot dag ge­noeg krag te le­wer, is daar wel ook lig­pun­te, blyk uit ’n pa­neel­be­spre­king gis­ter van Fu­tu­re­gro­wth.

Es kom het nou al die ont­werp fou­te by drie krag op­wek­kings een­he­de by die Me du pi steen­kool krag­sta­sie in Lim­po­po her­stel en dié een­he­de loop nou vol­uit, het Si­kona­thi Mants­hantsha, E­s­kom-woord­voer­der, op die be­spre­king ge­sê.

Die fou­te by die In­gu­la-pom­pop­gaar­ske­ma in die Dra­kens­ber­ge is al in Maart her­stel.

Selfs E­s­kom se po­gings om die in­wo­ners van So­we­to te oor­tuig om vir hul e­lek­tri­si­teit te be­gin be­taal blyk vrug­te af te werp. Vol­gens E­s­kom se T­wit­ter-re­ke­ning wat oor die pa­neel­be­spre­king be­rig het, was daar in Maart voor die in­per­king da­rem al 25% van krag­ver­brui­kers in So­we­to wat be­taal vir hul krag, teen­oor die helf­te so­veel in die ver­le­de.

Die tem­po waar­teen mu­ni­si­pa­li­tei­te hul ag­ter­stal­li­ge krag­re­ke­nings aan E­s­kom be­gin be­taal, groei ook vol­gens E­s­kom teen ’n sta­bie­le 5% per maand se­dert E­s­kom in Fe­bru­a­rie streng stap­pe teen die Em­fu­le­ni-mu­ni­si­pa­li­teit ge­doen het. Dit was toe E­s­kom ’n las­brief vir be­slag­leg­ging op die mu­ni­si­pa­li­teit se roe­ren­de ba­tes uit­ge­reik het weens ag­ter­stal­li­ge skuld van R1,8 mil­jard. In Maart het E­s­kom die las­brief te­rug­ge­trek na­dat’ n af­be­ta­lings oor­een­koms be­rei kis.

Die her­stel van die ont­werp­fou­te by Me­du­pi na­by Lep­ha­la­le is ’n pro­jek wat ook al ja­re sloer. A­lex Ham, ’n af­ge­tre­de in­ge­ni­eur van E­s­kom, het ver­le­de jaar ver­dui­de­lik die stoom­ke­tels en die steen­kool­meu­le by Me­du­pi was van die ver­keer­de ont­werp.

Die Ja­pan­se ver­skaf­fer Mit­subis­hi Hi­ta­chi, wat Me­du­pi en Ku­si­le se stoom­ke­tels oor­spronk­lik ver­skaf het, het net er­va­ring van Aus­tra­lie­se en Ja­pan­se steen­kool­bron­ne ge­had, ter­wyl Suid-A­fri­kaan­se steen­kool grow­wer is en sta­di­ger brand. Daar­om moes die stoom­ke­tels gro­ter ge­wees het.

Om­dat die meu­le by die krag­sta­sie nie die steen­kool fyn ge­noeg maal nie, lei dit vol­gens Ham tot bui­ten­spo­ri­ge sly­ta­sie. E­s­kom het la­ter ge­sê hy sal Ham se ad­vies in ag neem.

Me­du­pi toe dit nog in aan­bou was. Die Ja­pan­se ver­skaf­fer Mit­subis­hi Hi­ta­chi, wat Me­du­pi en Ku­si­le se stoom­ke­tels ver­skaf het, het net er­va­ring van Aus­tra­lie­se en Ja­pan­se steen­kool­bron­ne ge­had, ter­wyl Suid-A­fri­kaan­se steen­kool grow­wer is en sta­di­ger brand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.