Fir­ma van Gup­tas in SAID-vi­sier

Die Burger - - 17 - Fran­cois Wil­li­ams

Die Suid-A­fri­kaan­se In­kom­ste­diens (SAID) swyg nou oor die jong­ste be­rig­te oor die om­stre­de Gup­ta-fa­mi­lie se be­las­ting­sa­ke.

’n Woord­voer­der van die SAID het laat weet die be­las­ting­gaar­der le­wer nie kom­men­taar of wei nie ui toor die ver­trou­li­ke be­las­ting­sa­ke van be­las­ting­be­ta­lers nie. Dit is in­ge­vol­ge art. 69 van die Wet op Be­las­ting ad­mi­nis­tra­sie van 2011.

Dít is na­dat die SAID ge­na­der is oor be­rig­te dat hy be­sig is om toe te slaan op Linkway Tra­ding, een van die ve­le on­der­ne­mings wat die Gup­tas na be­we­ring vir geld­was­se­ry ge­bruik het.

Do­ku­men­te wat die nuus­web­werf Dai­ly Ma­ve­rick be­kom het, wys dat die SAID ’n ou­dit ge­doen het van Linkway se be­las­ting­sa­ke van 2013 tot 2016.

Hie­rin blyk dat die be­ste­ding van meer as R25 mil­joen aan die om­stre­de Gup­ta-troue by Sun Ci­ty in 2014 as ’n sa­ke-uit­ga­we in Linkway se sta­te aan­ge­te­ken is. Hy het dit dus be­nut om sy be­las­ting aan­spreek­lik­heid te pro­beer ver­min­der.

Die SAID het be­vind Linkway het R92,1 mil­joen te veel van sy be­las­ba­re in­kom­ste pro­beer af­trek as uit­ga­wes in dié be­las­ting­ja­re wat ver­band hou met tran­sak­sies met Is­land­si­te In­ves­t­ment, sy eie be­heer­maat­skap­py.

Daar is ook be­vind die R25 mil­joen wat aan die Sun Ci­ty-troue be­stee is, kon nie as be­ste­ding en ver­lie­se van Linkway se be­las­ba­re in­kom­ste af­ge­trek word nie, want dit is nie uit­ga­wes wat e­nig­sins vir die doel van han­del of in die pro­duk­sie van in­kom­ste aan­ge­gaan is nie.

In ’n brief van die SAID aan Linkway van Au­gus­tus van­jaar waar­sku die SAID dat hy ook die re­le­van­te boe­tes en ren­te op die be­drae gaan hef.

Vol­gens Dai­ly Ma­ve­rick sal Linkway by­ko­men­de be­las­ting van so­wat R80 mil­joen moet be­taal nog voor­dat boe­tes en ren­te by­kom.

Linkway is die ka­naal waar­deur geld wat vir die Vre­de-sui­wel­plaas in die Vry­staat be­stem was, ge­bruik is om vir die troue in Sun Ci­ty te be­taal. Die ou­dit­groep KPMG het Linkway se boe­ke ge­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.