SA ‘ver­loor’ 2,2 m. be­soe­kers oor in­per­king

Die Burger - - 17 - Han­lie S­tad­ler

Die e­nor­me im­pak van die slui­ting van Suid-A­fri­ka se lands­gren­se weens die Co­vid-19-pan­de­mie blyk steeds uit die toe­ris­meen mi­gra­sie­sy­fers wat maan­de­liks uit­ge­reik word.

Statistiek­e Suid-A­fri­ka het Dins­dag die sy­fers vir Ju­lie van­jaar uit­ge­reik. Reis vir ont­span­ning bin­ne men­se se eie pro­vin­sie het eers be­gin Au­gus­tus wet­tig ge­word en reis tus­sen pro­vin­sies op 18 Au­gus­tus. In­ter­na­si­o­na­le reis is eers van 1 Ok­to­ber moont­lik.

Ju­lie se sy­fers weer­spie­ël dus steeds net men­se wat vir werk, stu­die, fa­mi­lien­ood­ge­val­le of me­die­se re­des die land in­kom of ver­laat het. Dit sluit ook men­se uit die res van A­fri­ka in wat in Suid-A­fri­ka ver­kry­gings vir hul on­der­ne­mings kom doen.

Net 202 937 men­se het in en uit deur die land se gren­se be­weeg, het­sy by lug­ha­wens, ha­wens of op paaie. Dis 93,9% min­der as die 3,2 mil­joen men­se in Ju­lie 2019 en net 5,5%, of­te­wel 10 561, meer as in Ju­nie.

Dit ver­teen­woor­dig 63 557 Suid-A­fri­ka­ners en 139 380 bui­te­lan­ders.

Wat bui­te­lan­ders be­tref, is die 139 380 men­se net ’n frak­sie, of­te­wel 5,9%, van die by­na 2,4 mil­joen bui­te­lan­ders wat in Ju­lie 2019 die land in­ge­kom het, het­sy vir sa­ke of va­kan­sies. Af­ge­rond het die land meer as 2,2 mil­joen be­soe­kers – en die in­kom­ste en werk­ge­leent­he­de wat hul­le mee­bring – “ver­loor”.

Die mees­te be­soe­kers (95,2%) was mans en die groot­ste groe­pe in ter­me van ou­der­dom was 35 tot 44 jaar (43,7%) en 45 tot 54 jaar (23,4%).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.