WP jon­ges kan sa­ke vroeg reg­stel

Die Burger - - 18 - S­port­re­dak­sie

Al die wed­stry­de in die na­si­o­na­le o.21-rug­by­reeks, wat vroeg in Ok­to­ber be­gin, sal op El­lis­park in Jo­han­nes­burg be­slis word.

Die spe­lers en be­amp­tes van die vyf deel­ne­men­de span­ne, die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie, Blou Bul­le, Goue Leeus, Haaie en Vry­staat, sal vir die duur van die reeks in die Goud­stad wees, waar hui­di­ge re­gu­la­sies om die ver­sprei­ding van die Co­vid-19-pan­de­mie te pro­beer ver­hoed, in­ge­stel sal wees.

In ’n her­ha­ling van die eind- stryd van 2019, sal die Blou Bul­le en We­s­te­li­ke Pro­vin­sie me­kaar in die eer­ste ron­de op Son­dag 4 Ok- to­ber pak. Die P­re­to­ri­a­ners was ver­le­de jaar met 33-27 baas. Die Vry­staat en Goue Leeus is op die­self­de dag in die an­der wed­stryd slaags, ter­wyl die Haaie ’n los­loot­jie het.

Die kom­pe­ti­sie sal oor ’n en­kel­ron­de ge­speel word, met wed­stry­de wat el­ke vier dae sal plaas­vind. Die half­eind­ron­de word op Son- dag 25 Ok­to­ber be­slis, met die eind­stryd op Vry­dag 30 Ok­to­ber.

Ras­sie Eras­mus, die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie se di­rek­teur van rug­by, sê in ’n ver­kla­ring die ak­sie sal fyn dop­ge­hou word.

“Die o.21-kom­pe­ti­sie is ’n be­lang­ri­ke voer­band vir die ont­wik­ke­ling van ons spe­lers, ook vir u­nies wat se­ni­or spe­lers moet kon­trak­teer. Ge­woon­lik tree op­win­den­de spe­lers in dié reeks na vo­re en van­jaar sal nie ’n uit­son­de­ring wees nie.”

■ Be­pa­lings: Eer­ste ron­de: Son­dag 4 Ok­to­ber – WP t. Blou Bul­le, Vry­staat t. Goue Leeus. Los­loot­jie: Haaie. Twee­de ron­de: Don­der­dag 8 Ok­to­ber – Bul­le t. Vry­staat, Leeus t. Haaie. Los­loot­jie: WP. Der­de ron­de: Maan­dag 12 Ok­to­ber – WP t. Haaie, Leeus t. Bul­le. Los­loot­jie: Vry­staat. Vier­de ron­de: Vry­dag 16 Ok­to­ber – WP t. Vry­staat, Haaie t. Bul­le. Los­loot­jie: Leeus. Vyf­de ron­de: Dins­dag 20 Ok­to­ber – Vry­staat t. Haaie, Leeus t. WP. Los­loot­jie: Bul­le. Half­eind­ron­de: Son­dag 25 Ok­to­ber. Eind­stryd: Vry­dag 30 Ok­to­ber.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Blou Bul­le se Carl Els in die eind­stryd van die na­si­o­na­le o.21-reeks in 2019 teen die We­s­te­li­ke Pro­vin­sie in Bloem­fon­tein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.