Al­le oë op Ja­ke se nu­we Bul­le

Die Burger - - 18 - Co­bus Claas­sen

Die Bul­le-los­voor­spe­ler Ar­no Botha het die af­ge­lo­pe week ge­skerts dat daar nie nood­wen­dig iets by Loftus Vers­feld ver­an­der het nie.

Wie sê daar was ver­an­de­ring? Dit is ’n aan­na­me dat iets an­ders gaan wees on­der die span se di­rek­teur van rug­by, Ja­ke W­hi­te, het Botha ’n vraag op ’n vir­tu­e­le me­di­a­kon­fe­ren­sie be­ant­woord.

Die re­ak­sie was se­ker­lik ton­gin-die-kies, want die teen­oor­ge­stel­de is waar.

Hoe­wel daar nog nie iets op die spel is nie, sal W­hi­te, wan­neer sy span die Haaie Sa­ter­dag op Loftus aan­vat, ’n goeie eer­ste in­druk wil maak. Ve­ral teen sy ou span, wat vroe­ër van­jaar die keur on­der die plaas­li­ke fran­chi­ses in die Su­per­reeks was.

Van­self­spre­kend is daar groot af­wag­ting in die hoof­stad oor die nu­we hoof­stuk wat die span on­der W­hi­te in­lui.

Maar daar is ook twy­fe­laars, ve­ral ge­ge­we som­mi­ge van die skui­we wat W­hi­te se­dert Maart in sy groep ge­maak het.

Kan Gio A­plon, wat bin­ne­kort 38 jaar oud word, meer bied in die laas­te ves­ting as War­rick Ge­lant? C­lin­ton Swart is veel­sy­dig, maar steeds ’n vreem­de ko­pie in die ag­ter­lyn. Kan hy so in­vloed­ryk wees dat die Bul­le ’n groot kom­pe­ti­sie met hom op los­ska­kel of bin­ne­sen­ter wen? Waar­skyn­lik nie.

Daar is ook baie on­der­steu­ners wat kla dit was ’n fout om die blits Ro­sko S­pe­cman aan die

C­hee­tahs af te staan.

W­hi­te het boon­op skoon­ge­maak on­der die sen­ters en nie een van die spe­lers wat die af­ge­lo­pe twee sei­soe­ne in die mid­del­veld diens ge­doen het – in­slui­ten­de die kap­tein, Bur­ger O­den­daal – is meer Bul­le nie.

Die Bul­le-brein­trust is in ’n stryd teen tyd om nu­we kom­bi­na­sies te ves­tig voor­dat die sei­soen in Ok­to­ber amp­te­lik her­vat word. Bui­ten twee groen­tjies op sen­ter, kan Ju­an­dré Kru­ger en Ja­son Jen­kins by­voor­beeld in ’n knap slot­paar ont­luik?

’n Moont­li­ke los­trio, Du­a­ne Ver­meu­len (kap­tein), Botha en Mar­co van S­ta­den, is self ’n on­be­proef­de ven­noot­skap.

Daar is ook ’n paar leem­tes wat W­hi­te uit die staan­spoor wil reg­stel. Po­te Hu­man se Bul­le het voor die in­per­king ge­suk­kel om hul­le spie­re te bult en ge­reeld oor die voor­deel­lyn te kom. Die span is met Ver­meu­len, Botha en Jen­kins te­rug in die pak, veel be­ter toe­ge­rus.

Die Bul­le se chro­nie­se wis­sel­val­lig­heid is in hul­le laas­te wed­stryd voor die W­hi­te-be­wind aan­ge­breek het, teen die Reds in B­ris­ba­ne, nog­maals bloot­ge­lê.

’n Voor­sprong van 17-0 ná so­veel mi­nu­te het on­ver­klaar­baar in ’n ne­der­laag van 17-41 teen die Reds uit­ge­draai. Het W­hi­te ’n kuur vir dié ou kwaal?

Fo­to: GALLO IMAGES

Die slot Ju­an­dré Kru­ger is een van ver­skeie er­va­re man­ne in die agt­tal van die Bul­le.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.