Hooper bly Wal­la­bies se kap­tein

Die Burger - - 18 - Mi­cha­el Hooper

Mi­cha­el Hooper sal die Wal­la­bies aan­staan­de maand in sy 100ste rug­by­toets op die veld lei.

Die nu­we Aus­tra­lie­se af­rig­ter, Da­ve Ren­nie, het gis­ter aan­ge­kon­dig dat die 28-ja­ri­ge die kap­tein­skap dié sei­soen sal be­hou.

Ren­nie was Dins­dag in be­heer van sy eer­ste oe­fen­ses­sie na­dat hy by Mi­cha­el C­hei­ka oor­ge­neem het as af­rig­ter, maar het aan­vank­lik die kap­tein­skap oop­ge­hou.

Hooper het se­dert 2014 in 46 toet­se as kap­tein ge­speel en dit sluit twee Wê­reld­be­ker-toer­nooie in. Sy werk­ver­rig­ting en toe­wy­ding is nooit be­vraag­te­ken nie, maar sy be­sluit­ne­ming op die veld en ver­moë om met skeids­reg­ters oor die weg te kom, is wel ge­kri­ti­seer.

“Ek is be­ïn­druk met Hoops,” het Ren­nie in ’n ver­kla­ring ge­sê.

“Ons het baie ge­praat oor die laas­te ne­ge maan­de en sy pas­sie en toe­wy­ding is be­klem­toon. Hy is ’n goeie mens met uit­ste­ken­de wer­ke­tiek en is ’n goeie rol­mo­del vir ons jong spe­lers wat deur­kom. Dit was ui­t­ein­de­lik ’n mak­li­ke be­sluit om te maak om hom weer as kap­tein aan te stel.”

Hooper sal die 12de Aus­tra­lie­se spe­ler word wat 100 toet­se speel, wan­neer hy in die eer­ste B­le­dis­loe-krag­me­ting met die All Blacks in Wel­ling­ton aan­staan­de maand voor draf.

“Dit is ’n voor­reg om die Wal­la­by-trui te dra en ek is trots om my span­maats te lei en ook al­le Aus­tra­li­ërs,” sê Hooper.

“Ek is op­ge­won­de oor die groep spe­lers wat ons nou het en die rig­ting wat in­ge­slaan word. Ons het reeds ge­hal­te-tyd saam deur­ge­bring en ver­fyn dit waar­voor ons staan en wat ons wil be­reik.”

Die Aus­sies is tans op ’n oe­fen­kamp in Hun­ter Val­ley en ver­trek mô­re na Nieu-See­land, waar hul­le in kwa­ran­tyn sal wees voor­dat hul­le in ag­ter­een­vol­gen­de toet­se teen die All Blacks op 11 en 18 Ok­to­ber te staan kom.

Die Wal­la­bies met 100 toet­se of meer op hul kerf­stok is: Ge­or­ge G­re­gan, S­te­phen Moo­re, A­dam Ash­ley-Cooper, Nat­han S­har­pe, Ge­or­ge S­mith, Will Ge­nia, Se­ko­pe Ke­pu, Matt Gi­teau, S­te­phen Lark­ham, Da­vid Cam­pe­se, Rob Sim­mons.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.