Goor ge­luk ry A­fri­ka se Tour-hoop in wie­le

Die Burger - - 19 - Mar­nus Kok Doug­las Ry­der

Die Suid-A­fri­kaan­se NTT-fiets­ry­span het dro­ë­bek van die Tour de Fran­ce te­rug­ge­keer na­dat hy ook nie van­jaar daar­in kon slaag om ’n skof­se­ge te be­haal nie.

Meer as drie jaar het ver­loop se­dert ’n ry­er van dié span dit die laas­te keer kon ver­mag.

Die naas­te wat die span van­jaar aan skof­glo­rie ge­kom het, was toe die I­ta­li­a­ner Gi­a­co­mo Niz­zo­lo der­de in die der­de skof, en Noor­weë se Ed­vald Bo­as­son Ha­gen twee­de in die se­wen­de skof was.

Uit ’n Suid-A­fri­kaan­se oog­punt het die span se e­nig­ste plaas­li­ke ry­er in die Tour, Ry­an Gib­bons, 10de in die 11de skof ge­ëin­dig.

Toe MTN-Q­hu­be­ka (soos die span des­tyds be­kend ge­staan het) in 2015 die eer­ste keer aan die Tour deel­ge­neem het, het die span vin­nig sy stem­pel af­ge­druk.

S­te­ve Cum­mings het op Man­de­la­dag ’n skof­se­ge be­haal. Die vol­gen­de jaar het Cum­mings weer ’n skof ge­wen en Mark Ca­ven­dish het som­mer in vier ko­ning ge­kraai.

Maar Bo­as­son Ha­gen se skof­se­ge in 2017 was die laas­te Tour-glo­rie vir die span van A­fri­ka.

Om sa­ke van­jaar vir NTT te ver­er­ger, het drie ry­ers, Niz­zo­lo, Do­me­ni­co Poz­zo­vi­vo en Mi­cha­el Go­gl, nie die Tour vol­tooi nie.

“Oor die al­ge­meen be­skou was dit drie moei­li­ke we­ke vir ons en glad nie wat ons ver­wag het nie,” sê B­jar­ne Ri­is, NTT se span­be­stuur­der, in ’n ver­kla­ring.

“Ons het meer in ge­dag­te ge­had, maar ons was van die be­gin af on­der druk met on­ge­luk­ke en om Poz­zo­vi­vo voor die eer­ste rus­dag te ver­loor, was te vroeg.

“Om boon­op so vroeg in die eer­ste week Gi­a­co­mo Niz­zo­lo te ver­loor, wat ons bes­te kans was om iets te wen, was hart­seer. Dit moes nie ge­beur het nie en ek moet sê dit maak baie seer.

“On­ge­luk­kig het die res van die ry­ers net nie die krag ge­had (vir skof­se­ges nie). Ons het reg­tig hard pro­beer, maar ons het nie die ge­luk of be­ne ge­had om te doen wat ons ver­wag het nie.”

NTT het 20ste uit 22 in die span­kom­pe­ti­sie klaar­ge­maak – wê­rel­de ver­wy­der van MTNQ­hu­be­ka se vyf­de plek in 2015 se Tour.

Daar­die jaar het E­ritrea se Da­niel Te­kle­hai­ma­not, wat des­tyds vir die span ge­ry het, die eer­ste ry­er van ’n A­fri­ka-span ge­word om die Bo­baas van die Ber­ge-trui te dra.

Hy het die pres­ta­sie vir vier skof­te ge­hand­haaf.

Doug­las Ry­der, span­hoof van NTT, sê dit was van­jaar by ’n paar ge­leent­he­de so na­by, maar tog so ver.

“Die Tour de Fran­ce van 2020 is ver­by en wat­ter wed­ren was dit nie.

“NTT het hoë ver­wag­ting ge­had om skof­te te wen en ons het ’n sterk span ry­ers ge­had wat die Suid-A­fri­kaan­se kam­pi­oen, Ry­an Gib­bons, as Tour-de­bu­tant in­ge­sluit het, so­wel as die lang­ste en swaar­ste ry­er in die Tour, Max Wal­sc­heid (1,99 m en 90 kg),” sê Ry­der.

“Op die se­wen­de skof was Wout van Aert (Belg wat vir Jum­bo-Vis­ma ry) net-net te vin­nig vir Ed­vald Bo­as­son Ha­gen.

“Dit was die naas­te wat ons aan ’n skof­se­ge ge­kom het. Bit­ter na­by.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.