TDF: Is op­kik­kers nog­maals ge­bruik?

Die Burger - - 19 -

Twee men­se wat in heg­te­nis ge­neem is vir on­der­vra­ging weens die be­weer­de ge­bruik van op­kik­kers by die af­ge­lo­pe Tour de Fran­ce, is vry­ge­laat.

Die Fran­se po­li­sie het dié twee, wat na be­we­ring deel van die Ar­kéa-Sam­sic-span is, in heg­te­nis ge­neem na­dat wets­toe­pas­sers ver­le­de week die ho­tel waar die span tuis­ge­gaan het, deur­soek het.

Ná die 17de skof is daar be­slag ge­lê op ge­sond­heids­pro­duk­te, wat i­tems in­sluit wat ver­bind kan word met die ge­bruik van op­kik­kers.

Nai­ro Quin­ta­na, Ar­kéa-Sas­mic se ster­ry­er, is ’n Co­lom­bi­aan, wat tot ver­le­de jaar deel van die Mo­vis­tar-span was. Van sy ver­naam­ste pres­ta­sies sluit in dat hy die Gi­ro d’I­ta­lia en die Vu­el­ta a España ge­wen het. Hy was ook by twee ge­leent­he­de die naas­wen­ner van die Tour de Fran­ce en het by drie an­der ge­leent­he­de on­der die voor­ste tien klaar­ge­maak. Van­jaar was hy 17de.

Die 30-ja­ri­ge Quin­ta­na, wat toe­ge­laat is om sy eie dok­ter te be­hou toe hy by die nu­we span aan­ge­sluit het, ont­ken dat hy ver­bo­de mid­dels ge­bruik het. Hy sê hy het vroe­ër on­der­soek­be­amp­tes se ant­woor­de met ’n “skoon ge­we­te be­ant­woord”.

Vol­gens Quin­ta­na, ’n be­dre­we klim­mer, is slegs toe­laat­ba­re vi­ta­mien­aan­vul­lings in die ho­tel ge­vind. Die kan­toor van die ver­vol­gings­ge­sag in Mar­seil­le het, na­dat die twee men­se Dins­dag­aand vry­ge­laat is, be­na­druk dat die on­der­soek steeds voort­gaan.

Em­ma­nu­el Hu­bert, span­be­stuur­der van Ar­kea-Sam­sic, sê die on­der­soek tei­ken “nie di­rek die span of sy per­so­neel nie”.

Vir fiets­ry en ve­ral die Tour de Fran­ce se beeld sal dit ’n te­rug­slag wees in­dien daar wel be­vind word dat ry­ers op­kik­kers ge­bruik het.

Die s­port het baie aan­sien ver­loor na­dat die A­me­ri­ka­ner Lan­ce Arm­strong van sy se­we Tour-ti­tels (1999-2005) weens die ge­bruik van ver­bo­de mid­dels ge­stroop is.

Dit was eg­ter net die oor­tjies van die see­koei, met ’n ry­er soos B­jar­ne Ri­is, 1996 se kam­pi­oen (tans span­be­stuur­der van die plaas­li­ke NTT-span), wat la­ter er­ken het dat hy ver­bo­de mid­dels ge­bruik het. Sy ti­tel is eg­ter nooit van hom weg­ge­neem nie.

Die Slo­ween Ta­dej Po­ga­car (UAE) is Son­dag as Tour de Fran­ce-kam­pi­oen ge­kroon.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die Bloem­fon­tein­se spe­ler MJ Vil­joen gis­ter in ak­sie in die eer­ste ron­de van die Vo­da­com Un­loc­ked-kam­pi­oen­skap by die ERPM-gholf­klub in Boks­burg. Vil­joen was aan die brand en het ’n tel­ling van 64 houe (agt min­der as die baan­sy­fer) op sy tel­kaart in­ge­vul. Ja­ke Red­man, Da­niel van Ton­der, Neil S­chie­te­kat en Paul Bos­hoff be­klee die ge­sa­ment­li­ke twee­de plek, twee houe ag­ter hom.

Nai­ro Quin­ta­na

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.