Pro14 be­ves­tig hy ge­sels met Sa­ru oor uit­brei­ding van reeks

Die Burger - - 20 - O­wen Kock

Die or­ga­ni­seer­ders van die Pro14-reeks het be­ves­tig dat hul­le met die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) in ge­sprek is oor die uit­brei­ding van die kom­pe­ti­sie om meer Suid-A­fri­kaan­se span­ne toe te laat.

BBC S­port be­rig die groot­ba­se van die reeks is hoop­vol dat Suid-A­fri­kaan­se span­ne steeds in die nu­we jaar nog deel kan wees van 2020-’21-sei­soen.

Die C­hee­tahs en die Sout­hern Kings was die af­ge­lo­pe drie sei­soe­ne deel van die Pro14-reeks na­dat dit in die 2017-’18-sei­soen ver­groot is en dié Suid-A­fri­kaan­se span­ne uit die Su­per­rug­by­reeks ge­boen­der is.

Die Kings sal eg­ter nie in die 2020-’21-sei­soen be­trok­ke wees in die reeks nie na­dat hul­le ge­li­kwi­deer is en on­der­han­de­lin­ge is glo aan die gang oor wat­ter fran­chi­se hul plek sal in­neem.

Daar word juis vol­gen­de week be­sluit of Sa­ru voort­aan ses of vier fran­chi­ses sal hê en die C­hee­tahs be­hoort dan te weet of hul­le nog voort­aan deel van die reeks sal wees, al dan nie.

Daar is spra­ke dat die hui­di­ge vier Su­per-span­ne, die Haaie, Leeus, S­tor­mers en Bul­le, in ’n ver­gro­te Pro16-reeks die C­hee­tahs en die Kings kan ver­vang.

Die Pro14-be­heer­lig­gaam het op 25 Au­gus­tus in ’n ver­kla­ring ge­sê hy neem daar­van ken­nis dat Suid-A­fri­kaan­se span­ne on­der die hui­di­ge in­ter­na­si­o­na­le reis­ver­bod nie hul Pro14-ver­plig­tin­ge tot min­stens 2021 sal kan na­kom nie.

“Pro14-rug­by ver­wel­kom die nuus dat die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie kon re­ël dat hul plaas­li­ke be­roep­span­ne kan voort­gaan met rug­by en dit is ’n tree in die reg­te rig­ting vir hul span­ne om ui­t­ein­de­lik na die speel­veld te­rug te keer.

“SA Rug­by is daar­toe ver­bind om op lang ter­myn twee span­ne in die Pro14-reeks te hê, en in die lig van die ont­trek­king van die Kings, word daar ge­sprek­ke ge­voer oor die na­ko­ming van hier­die oor­een­koms van­af 2021, deur ’n plaas­ver­van­ger­span van­uit sy hui­di­ge fran­chi­ses te ge­bruik,” lui die ver­kla­ring.

“Daar­by is daar vroeë ge­sprek­ke tus­sen Pro14 en SA Rug­by oor die moont­li­ke uit­brei­ding van die toer­nooi en die ver­ster­king van ons ven­noot­skap om meer SA fran­chi­ses in 2021 by die be­staan­de reeks te voeg.”

Die 12 span­ne van Wal­lis, Ier­land, S­kot­land en I­ta­lië sal la­ter van­jaar met die eer­ste ron­de van 11 wed­stry­de (van die nu­we sei­soen) son­der die SA span­ne be­gin, maar Pro14-ring­kop­pe hoop hul­le sal in 2021 dalk nog tot die kom­pe­ti­sie kan toe­tree.

■ In­tus­sen het die Pro14 gis­ter aan­ge­kon­dig dat die reeks voort­aan ook wed­stry­de op Maan­dae in­sluit. Die nu­we sei­soen be­gin oor min­der as twee we­ke en die da­tums en tye is vas­ge­maak vir die eer­ste agt we­ke.

Die eer­ste Maan­dag-wed­stryd is in die der­de ron­de, wan­neer Mun­ster op 26 Ok­to­ber gas­heer speel vir die Car­diff Blu­es op T­ho­mond Park. Die sei­soen skop op 2 Ok­to­ber af in Par­ma, waar Ze­bre teen die Car­diff Blu­es speel, ge­volg deur Ul­ster se krag­me­ting tuis met Be­net­ton.

In Du­blin kom die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, Lein­ster, teen die Dra­gons te staan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.