Kemp­son boos oor ka­ta­stro­fe by Kings

Die Burger - - 20 - Mi­cha­el G­reen

Hy dink nie e­nig­ie­mand (spe­ler óf af­rig­ter) met ’n ge­son­de ver­stand sal ooit weer vir rug­by na ’n “plek soos hier­die” (Port E­li­za­beth) kom nie, sê die ou­dS­pring­bok Rob­bi Kemp­son.

Hy was die waar­ne­men­de hoof­af­rig­ter van die Sout­hern Kings, wie se fran­chi­se en­ke­le dae ge­le­de on­der li­kwi­da­sie ge­plaas is.

“Ek kan ook nie sien dat SA Rug­by (die Suid-A­fri­kaan­se Rug­by­u­nie) so dom sal wees om weer die­self­de pad te pro­beer loop nie,” het hy ge­ant­woord op die vraag of dit nou die ein­de van die Kings is.

“Waar­om sal hul­le weer hul tyd en e­ner­gie mors? Dis nie die eer­ste keer dat die fran­chi­se on­der­gaan nie.”

Die vo­ri­ge keer, in 2015 toe die Kings-fran­chi­se ge­li­kwi­deer is, het die spe­lers en die af­rig­ters by­na geen gel­de­li­ke ver­goe­ding ont­vang nie.

“Ek weet dis ’n lang pro­ses en ek ken die ge­skie­de­nis van die vo­ri­ge hof­saak. Maar ons het as spe­lers en af­rig­ters saam be­sluit om ons weer tot die hof te wend.”

Wat die voor­ma­li­ge voor­ry­man ve­ral erg ont­stel, is die “tyds­be­re­ke­ning” van die li­kwi­da­sie en “die leu­ens” wat hy meen aan die spe­lers en af­rig­ting­span op­ge­dis is.

“Wat­ter or­dent­li­ke mens ver­tel jou vier dae voor be­taal­dag dat jy nie meer geld gaan kry nie? Die tyds­be­re­ke­ning was die erg­ste nóg. Ook wat die moont­lik­he­de vir die spe­lers en af­rig­ters el­ders be­tref, want al die span­ne het reeds hul groe­pe ge­fi­na­li­seer.”

Kemp­son sê daar is per­ti­nent aan een van die hoof­rol­spe­lers in die sa­ge ge­vra of die spe­lers en af­rig­ters “vroeg­ty­dig” ge­waar­sku sou word in­dien daar li­kwi­da­sie oor­weeg word.

Daar is toe ge­sê dat die spe­lers se be­lan­ge op die hart ge­dra word en dat hul­le nie so iets hoef te vrees nie.

“My hart bloei vir my spe­lers. Ek meen, dink aan ie­mand soos Ca­me­ron W­rig­ht. Hy het pas sy kon­trak by die Haaie be­ëin­dig om na die Kings te kom. Dis ie­mand met ’n jong ge­sin – hy is ver­plet­ter.”

Vol­gens Kemp­son is die spe­lers en die af­rig­ters nie so lank ge­le­de nie “ver­se­ker” dat hul­le min­stens tot die ein­de van die jaar sa­la­ris­se sal ont­vang.

“Ook toe die Co­vid-19-pan­de­mie uit­ge­breek het, het ons ’n ver­min­de­ring in sa­la­ris aan­vaar en is ons ver­se­ker dat die Kings nie ge­sluit sou word nie,” sê Kemp­son.

“Dis nut­te­loos om nou ver­wy­te rond te slin­ger, maar ek dink die hui­di­ge be­stuur van die Oos­te­li­ke Pro­vin­sie moet lank en erns­tig self­on­der­soek doen. Van die u­nie se be­stuurs­le­de se po­li­tie­ke uit­spra­ke het die bor­ge die ha­se­pad laat kies,” sê hy.

“’n Mens kan nou ook nie juis sê die OP-be­stuur het al iets vir sy spe­lers ge­doen nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.