Fe­de­ra­sies wys tan­de en sê Sas­kok-raad maak nie meer die re­ëls nie

Die Burger - - 20 - Ma­ri­zan­ne Kok

Die land se sport­fe­de­ra­sies het ui­t­ein­de­lik be­sef hul­le het eint­lik die mag in Suid-A­fri­kaan­se s­port en het dit Sa­ter­dag oor­wel­di­gend aan die Suid-A­fri­kaan­se S­port­ko­mi­tee en O­lim­pie­se Ko­mi­tee (Sas­kok) se raad ge­wys.

Ná de­se moet die Sas­ko­k­raads­le­de be­sef daar hang ’n groot swaard oor hul kop­pe in die aan­loop tot die raads­ver­kie­sing op 7 No­vem­ber.

So het een van die fe­de­ra­sie­pre­si­den­te wat Sa­ter­dag by Sas­kok se spe­si­a­le al­ge­me­ne ver­ga­de­ring (SGM) vir die te­rug­keer van die ge­skors­te waar­ne­men­de pre­si­dent, Bar­ry Hen­dricks, ge­stem het, ge­sê.

Die be­trok­ke pre­si­dent wou nie ge­ï­den­ti­fi­seer word nie om be­skul­di­gings van stem­wer­we­ry vir Sas­kok se ko­men­de raads­ver­kie­sings te ver­my.

Die per­soon was een van 47 fe­de­ra­sie-ver­teen­woor­di­gers wat Sa­ter­dag ge­stem het dat Hen­dricks sy plig­te as waar­ne­men­de pre­si­dent her­vat en dat Sas­kok se dis­si­pli­nê­re pro­ses teen hom ge­staak word. Tien fe­de­ra­sies was ge­kant daar­teen, ter­wyl vyf bui­te stem­ming ge­bly het.

Hen­dricks is eg­ter deur die 47 mee­ge­deel dat dit nie so­veel ’n be­wys van ver­troue in hom was as ’n vet mid­del­vin­ger vir die res van die Sas­kok-raad nie. Hy is nie ver­se­ker van hul steun in die ko­men­de ver­kie­sing nie.

“Dit was Sa­ter­dag – en eint­lik in die af­ge­lo­pe paar maan­de – baie dui­de­lik dat die raad ’n ‘ons-teen-hul­le’-hou­ding teen­oor die le­de van Sas­kok het.

“Ons as fe­de­ra­sies het goed voor­be­rei vir die SGM, want ons wou uit een mond praat en se­ker maak ons doen wat reg is. Ons het voor­af die a­gen­da be­spreek en tus­sen ons ge­de­bat­teer daar­oor, so­dat daar nie in die ver­ga­de- ring self on­dui­de­lik­heid oor ons stand­punt sou wees nie.

“Ek dink nie die raad was so goed voor­be­rei soos ons nie.

“Die fe­de­ra­sies het nou be­sef hoe sterk ons saam kan wees en die Sas­kok-raad is deels ver­ant­woor­de­lik daar­voor. Ty­dens in­per­king moes ons veg vir ons le­wens. Ons moes plan­ne maak om ons deu­re oop te hou, om ons af­rig­ters en per­so­neel te be­taal, te pleit vir ons s­port om her­vat te word. “Waar was Sas­kok se raad toe? Hul­le het ’n goue kans ge­had om be­heer te neem, om ons te lei deur die moei­lik­ste tyd­perk waar­deur SA s­port nog ooit moes gaan en ons te oor­tuig hul­le is die reg­te men­se om ons ook deur die vol­gen­de vier jaar te neem.

“Maar hul­le het nie, ons moes op ons eie veg. So het ons be­sef hoe sterk ons saam is. Ons het die lei­er­skap wat ons no­dig ge­had het, in ons eie mid­de ge­vind.

“Die lé­de van Sas­kok het die mag, nie die raad nie. Vir ja­re het die fe­de­ra­sies nie vir hul­self op­ge­staan nie. Net aan­vaar wat die raad be­sluit. Dis nou ver­by. Die raad moet dit be­sef. Kan hy nie sien dat hy en die fe­de­ra­sies in ver­skil­len­de rig­tings trek nie?

“Sien hy nie die bood­skap wat ons s­tuur as so ’n mag­dom van ons ’n be­sluit neem waar­van die raad nie hou nie?”

Die fe­de­ra­sie-pre­si­dent sê dit sal nie ’n ver­ras­sing wees as el­ke hui­di­ge Sas­kok-raads­lid ná die ver­kie­sing op 7 No­vem­ber sy of haar pos kwyt is nie.

“Dit kan mak­lik ge­beur. Waar­om sal die fe­de­ra­sies aan­hou om raads­le­de te steun wat eer­der in bin­ne­ge­veg­te as die bes­wil van s­port be­lang­stel?”

■ In­tus­sen het Sam Ram­sa­my, die me­de-voor­sit­ter van die SGM, ge­sê dis be­lag­lik om die re­so­lu­sie wat Hen­dricks se te­rug­keer be­werk­stel­lig het, as on­grond­wet­lik te be­stem­pel.

“Die raads­le­de wat so sê, is bui­te or­de. El­ke raads­lid het die ge­leent­heid ge­had om on­ge­luk­kig­heid oor die by­voe­ging van die re­so­lu­sie oor Bar­ry Hen­dricks uit te spreek, maar het nie. Al­les is vol­gens die a­gen­da ge­doen, en raads­le­de het meer kans ge­had om hul kom­mer daar­oor uit te spreek as die fe­de­ra­sies,” al­dus Ram­sa­my.

Sam Ram­sa­my

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.