Rug­by­man se seun sterf in on­ge­luk

Die Burger - - 1 - May­ge­ne de Wee

Ar­mand Car­stens (19) wou graag ná ma­triek in ’n land­bou­rig­ting gaan stu­deer. Sy ou­ers wou eg­ter hê hy moet eers ’n oor­brug­gings­jaar neem.

Don­der­dag­aand is Ar­mand, ’n ma­triek­leer­ling van die Ho­ër­skool Hu­ge­no­te in Wel­ling­ton, in ’n mo­tor­on­ge­luk dood son­der dat hy ’n fi­na­le be­sluit oor sy toe­koms ge­neem het.

Ru­di Fer­rei­ra, ’n boe­sem­vriend van Ar­mand se pa, Cas­sie Car­stens, het gis­ter ge­sê hy en Ar­mand het Don­der­dag nog oor die jong man se toe­koms­plan­ne ge­praat. “Hy het geweet hy wil in ’n land­bou­rig­ting gaan stuVol­gens deer, maar het nog nie fi­naal be­sluit pre­sies wat hy wou gaan swot nie.”

Fer­rei­ra was Ar­mand bly die re­kord­ek­sa­men is ver­by en dat nou vol­uit kon kon­sen­treer op voor­be­rei­dings vir die eind­ek­sa­men.

Ar­mand se ou­er sus­ter, Bi­an­ca Buys, het Fer­rei­ra gis­ter­og­gend ge­bel met die ty­ding dat haar jong­ste boe­tie in ’n mo­tor­on­ge­luk dood is.

“Sy het my ge­vra om die nuus aan haar ou­ers oor te dra en om daar by hul­le te wees,” het Fer­rei­ra ge­sê.

Cas­sie en Mat­ty, Ar­mand se ma, het so­wat twee we­ke ge­le­de te­rug­ge­trek na Kim­ber­ley in die Noord-Kaap. Ar­mand het in Wel­ling­ton aan­ge­bly om sy ma­triek­jaar te vol­tooi en het vir dié tyd­perk by vrien­de in Wel­ling­ton ge­bly.

Die ge­sin is oor­spronk­lik van Kim­ber­ley.

Car­stens was tot on­langs die uit­voe­ren­de hoof van Bo­land Rug­by en was voor­heen ook uit­voe­ren­de hoof van G­rie­kwas.

Fer­rei­ra het ge­sê Ar­mand se ou­ers, ver­al Cas­sie, is ver­plet­ter deur die dood van hul seun.

Wi­cus Nau­dé, skool­hoof van Hu­ge­no­te, het ge­sê hul­le het die ty­ding gis­ter­og­gend ge­kry. Ar­mand het hom in 2019 in gr. 11 by die skool aan­ge­sluit.

Hy was voor­heen ’n leer­ling van die Ho­ër­skool Di­a­mant­veld in Kim­ber­ley.

Vol­gens Nau­dé was Ar­mand ’n baie sag­ge­aar­de kind wat baie re­spek en lief­de vir men­se ge­had het.

Op skool was hy baie voor­beel­dig.

In­tus­sen het kol. An­drè Traut, ’n po­li­sie­woord­voer­der, ge­sê die on­ge­luk het om­streeks 23:40 op die hoek van Kerk- en Cum­ming­stra­te in Wel­ling­ton ge­beur.

’n Ne­gen­tien­ja­ri­ge man is in die on­ge­luk dood en die be­stuur­der van die voer­tuig, ’n 18-ja­ri­ge, is in heg­te­nis ge­neem. Die jong man is ge­waar­sku om op 7 A­pril 2021 in die hof te wees.

Aan­klag­te van straf­ba­re man­slag, dronk­be­stuur en roe­ke­lo­se en/of na­la­ti­ge be­stuur word on­der­soek.

Cas­sie Car­stens en sy seun, Ar­mand, wat Don­der­dag­aand in ’n mo­tor­on­ge­luk in Wel­ling­ton dood is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.