Meng jou met die (vlak-)var­ke... en jy be­land in ’n gat!

Die Burger - - 1 - Van Rooy­en – Ger­da-Ma­rié

“Dié kal­fie se ma sal haar erns­tig moet aan­spreek om nie met die var­ke te meng nie,” skerts Tish van Nie­kerk, ’n boer­vrou van die plaas Gra­span in die Bos­hof-dis­trik.

Dít volg na­dat dié vers­kal­fie ver­le­de week in ’n vlak­vark­gat be­land het. ’n “Red­ding­span” van vyf men­se het ge­swoeg om haar uit te kry.

Van Nie­kerk sê hul­le was nie op die plaas toe die kalf in die gat val nie, maar die wer­kers het drie en ’n half uur ge­swoeg om die kal­fie van tien dae oud uit die gat te kry.

Hul plaas­be­stuur­der, Cal­lie B­rits, en van die wer­kers het gaan help na­dat hul­le ’n twee­de keer die bees­kamp ge­fyn­kam het op soek na die kalf. Hul­le het ’n koei dop­ge­hou wat ge­lyk het of sy soek. Sy was die he­le tyd na­by die trog, wat nie ver van dié spe­si­fie­ke, steil en treg­ter­vor­mi­ge gat van so­wat 2,5 m diep is nie.

B­rits het na­der ge­kruip en die kal­fie hoor bulk. Na­dat wer­kers die gat gro­ter ge­gra­we het, is ’n sleep­band vas­ge­maak aan Jors Di­ra, een van die wer­kers. Hy het by die gat in­ge­kruip om ’n trek­tou aan die kalf se po­te te bind.

Van Nie­kerk sê dit gaan goed met die kal­fie na­dat sy aan­vank­lik ge­de­hi­dreer was. Hul kal­wers word min­stens drie keer per week na­ge­gaan.

“Dís hoe die wer­kers ge­sien het die een koei se ui­er staan stok­styf. Haar kalf het dus ure laas ge­drink.”

Erd- en vlak­vark­ga­te is baie al­ge­meen op pla­se en dis ge­woon­lik net die baie jong kal­fies wat in ga­te be­land. “Aan­vank­lik grou erd­var­ke die ga­te, maar dan maak die vlak­var­ke dit gro­ter wan­neer hul­le daar­in slaap. Jy sien net grond trek soos hul­le vir hul­le ’n grond­kom­bers maak. Sog­gens as ek Ot­to (haar troe­tel­vlak­vark) sien, sien ek net ’n rooi laag oor haar stow­we­ri­ge lyf.”

Sy sê die ga­te ver­oor­saak soms groot pro­ble­me. Die wiel van haar man, Pie­ter, se bak­kie het al ty­dens ’n veld­brand op die plaas in ’n gat be­land. “Hy het vas­ge­sit ter­wyl die vlam­me al hoe na­der aan die bak­kie ge­kom het. Om­dat die ga­te nie al­tyd mak­lik sig­baar is nie is dit ’n waag­stuk om in die veld te ry.”

Sy sê drie kal­wers val ge­mid­deld el­ke jaar in ’n gat.

Die vlak­vark­gat waar­in die kalf be­land het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.