Aan­deel­hou­ers ver­groot die druk

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Aan­deel­hou­ers van BHP Bil­li­ton, die wê­reld se groot­ste myn­bou­groep op grond van mark­ka­pi­ta­li­sa­sie, oe­fen druk op hom uit om sy A­me­ri­kaan­se pe­tro­le­um­sa­ke te ver­koop.

Die skans­fond­se El­li­ott Ad­vis­ors en T­ri­be­ca Na­tu­ral Re­sour­ces ver­soek BHP om sy A­me­ri­kaan­se pe­tro­le­um­ba­tes te her­oor­weeg, en T­ri­be­ca vra die myn­maat­skap­py om sy aan­lan­di­ge o­lie- en aard­gas­ba­tes te ver­koop (BHP be­sit ook af­lan­di­ge vel­de in die Golf van Mex­i­ko). Vol­gens T­ri­be­ca se skat­tings kan die ver­koop van die aan­lan­di­ge A­me­ri­kaan­se ska­lie­ba­tes so­wat $10 mil­jard op­le­wer.

“Ons steun nie die voort­ge­set­te belegging in die aan­lan­di­ge A­me­ri­kaan­se ba­tes nie, want dié ba­tes sal waar­skyn­lik nie toe­pas­li­ke vrye kon­tant­vloei op­le­wer nie en ons kan nie be­paal of BHP e­ni­ge be­paal­de vaar­dig­he­de het wat hom van sy be­dryfs­ge­no­te on­der­skei nie. Dit bly vir ons ’n twee­de­vlak-ba­te in ’n ir­ra­si­o­ne­le mark,” sê T­ri­be­ca in ’n brief ge­ti­teld Ma­king BHP G­re­at A­gain wat aan die di­rek­sie ge­stuur is, be­rig ft.com.

BHP het in 2011 by­na $17 mil­jard be­taal om ska­lie­gas­ba­tes in A­me­ri­ka te koop, ge­volg deur ver­de­re be­leg­gings van mil­jar­de dol­lars. Weens die prys­af­swaai het hy eg­ter $12 mil­jard van sy A­me­ri­kaan­se ska­lie­sa­ke af­ge­skryf – waar­van die waar­de ein­de ver­le­de jaar op net $12,6 mil­jard ge­stel is, be­rig ft.com.

T­ri­be­ca het ook om ’n di­rek­sie­ver­an­de­ring ge­vra. Hy sê die di­rek­sie was in be­heer van die ver­nie­ti­ging van meer as $30 mil­jard se aan­deel­hou­ers­ka­pi­taal, be­rig ft.com. “Dis wel­be­kend dat die voor­sit­ter [Jac Nas­ser] bin­ne­kort sal af­tree. Dit bied ’n be­lang­ri­ke ge­leent­heid om die kul­tuur te ver­an­der in een wat ka­pi­taal­doel­tref­fend­heid en groei in die ver­dien­ste per aan­deel na­streef, en ons hoop werk­lik dat die ge­leent­heid nie ver­speel sal word nie,” skryf T­ri­be­ca. Hoe om hom te ver­han­del: Vol­gens die gra­fie­ke sal BHP dalk ver­der daal en by 16 500 sent per aan­deel bly – waar be­leg­gers weer kan koop. An­der­sins sal die vol­gen­de steun­vlak by 13 630 sent wees. Neem ’n kort po­si­sie in

BHP het in 2011 by­na $17 mjd. be­taal om ska­lie­gas­ba­tes in A­me­ri­ka te koop, ge­volg deur ver­de­re in­ves­te­rings van mil­jar­de dol­lars.

as hy ver­der on­der 19 280 sent daal. Her­sien po­si­sies by 16 500 sent en ver­groot po­si­sies as hy ver­der on­der dié vlak daal. As daar eg­ter sterk steun by 19 280 sent blyk te wees, maak ge­reed vir ’n lang po­si­sie bo 20 090 sent, want BHP kan sy vo­ri­ge ga­ping pro­beer sluit en weer 22 350 sent toets. Be­hou ’n lang po­si­sie bo dié vlak, want weer­stand sal dan by 23 900 sent on­der­vind word. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.