Een­vou­dig te klein

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek -

Hier­die on­lang­se – en baie klein – no­te­ring spring op die on­der­wys­wa en hoop om die vol­gen­de Cur­ro te wees. Hy is eg­ter veel klei­ner en het nie ’n groot aan­deel­hou­er soos Cur­ro met PSG nie, en sal suk­kel om die no­di­ge geld vir uit­brei­ding te kry.

Die on­lang­se aan­kon­di­ging dat hy dalk Pem­bu­ry se ses af­tree­oor­de sal koop, is in­te­res­sant, en ek ver­kies eer­lik­waar dié deel van die on­der­ne­ming. Dit kan ook met die kon­tant­vloei help, want hul­le is moont­lik vol­was­se, wins­ge­wen­de on­der­ne­mings.

Maar ter­wyl hy in die warm on­der­wys­om­ge­wing is, bly groot­te die pro­bleem – nie net die groot­te van sy be­staan­de on­der­wys­aan­bie­ding nie, maar ook die aan­deel se be­perk­te groot­te. Met ’n mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van net so­wat R300 mil­joen oor­weeg geen groot in­sti­tu­si­o­ne­le be­leg­ger ’n belegging nie, wat be­te­ken net klein, pri­va­te be­leg­gers kan die aan­deel­prys laat styg, en dit ge­beur nie.

As hy ’n paar jaar ge­le­de in ’n be­ter e­ko­no­mie­se en po­li­tie­ke tyd no­teer het, sou hy dalk be­ter ge­vaar het en sou daar dalk met­ter­tyd be­leg­gers­vraag ge­wees het. Vir eers sal die prys eg­ter waar­skyn­lik swak wees. ■

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.