Hou steeds nie daar­van nie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

S­hop­ri­te* sal op sy al­ge­me­ne jaar­ver­ga­de­ring toe­stem­ming en ’n bil­lik­heids­ver­slag vra om aan­de­le by W­hi­tey Bas­son, voor­ma­li­ge uit­voe­ren­de hoof, te­rug te koop. Die aan­de­le is net meer as R1,8 mil­jard werd – by­na 95% van sy be­lang. Dié op­sie spruit uit die in­diens­ne­mings­kon­trak van 2003 wat Bas­son die reg gee om aan­de­le deur ’n ver­koop­op­sie aan die maat­skap­py te ver­koop. Maar is die tran­sak­sie vir aan­deel­hou­ers van be­lang? Ek dink nie só nie, want di­rek­teu­re is uit­ein­de­lik net­to aan­deel­ver­ko­pers om­dat dit as deel van hul ver­goe­ding toe­ge­ken word en hul­le ver­koop om baie re­des wat ons sel­de ken. Bas­son was eg­ter ook al baie ver­keerd en het S­hop­ri­te by so­wat 6 500 sent ver­skans op pad na R200. Lui­dens E­sor se han­dels­ver­kla­ring is die we­sens­ver­dien­ste per aan­deel ’n ver­lies van tus­sen 22,96 sent en 25,84 sent ná ’n wins van 14,4 sent in die vo­ri­ge oor­een­stem­men­de tyd­perk. Die ver­lies hou nie met be­dryfs­kwes­sies ver­band nie, maar met af­skry­wings, ver­se­ke­rings­ei­se en die ver­min­de­ring van klan­di­sie­waar­de. Die pro­bleem is dat dit ’n groot uit­wer­king op ’n suk­ke­len­de maat­skap­py in ’n baie moei­li­ke om­ge­wing het. Ek hou al om­trent ’n de­ka­de lank nie van kon­struk­sie­aan­de­le nie, ve­ral nie van klei­ner twee­de­vlak-aan­de­le nie. Die e­nig­ste uit­son­de­ring is A­fri­mat, wat wins bly be­haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.