Die voor­de­le van ’n oor­se­se bank­re­ke­ning

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Voorblad Buitelandse Belegging - Deur Mag­nus de Wet

be­leg­gers wat bui­te­land­se bloot­stel­ling in hul be­leg­gings­por­te­feul­je wil hê, kan hul ran­de óf fi­siek bui­te­land toe neem (soos om die S&P 500 beurs­ver­han­del­de fonds (ETF) op die New York­se aan­de­le­beurs te koop), óf plaas­lik in ’n rand­ge­de­no­mi­neer­de bui­te­land­se belegging be­lê (soos die Co­res­ha­res S&P 500 ETF op die JSE). Met laas­ge­noem­de op­sie is jou op­brengs op die bui­te­land­se belegging en geld­een­heid eg­ter steeds in rand, son­der dat jou ran­de ooit werk­lik land­uit was.

Rand­ge­de­no­mi­neer­de be­leg­gings word ook nie deur va­lu­ta­be­heer ge­raak nie. Va­lu­ta­be­heer be­perk hoe­veel rand jy fi­siek land­uit kan neem. Suid-a­fri­ka­ners mag tans tot R10 mil­joen per jaar land­uit neem, on­der­he­wig aan be­las­ting­kla­ring, en tot R1 mil­joen son­der be­las­ting­kla­ring. Dit is eg­ter nie die pro­bleem nie, aangesien dit s­legs wel­va­ren­de be­leg­gers be­ïn­vloed. Vir my is die pro­bleem die ri­si­ko dat die Suid-a­fri­kaan­se re­ge­ring oor­nag die va­lu­ta­be­heer­li­mie­te kan in­kort.

Dees­dae het die mees­te groot Suida­fri­kaan­se fi­nan­si­ë­le in­stel­lings (soos San­lam Gla­cier, In­ves­tec, Li­ber­ty en Mo­men­tum) bui­te­land­se be­leg­gings­plat­forms in be­las­ting­toe­vlugs­oor­de soos Ber­mu­da, Gu­ern­sey en Jer­sey.

Hoe­wel jy jou ran­de reg­streeks by hul­le in ’n bui­te­land­se be­leg­gings­re­ke­ning kan de­po­neer, sal ek aan­be­veel dat jy eers ’n bui­te­land­se bank­re­ke­ning o­pen en jou fond­se dan uit dié re­ke­ning in die bui­te­land­se belegging van jou keu­se de­po­neer. Jy kan by e­ni­ge in­ter­na­si­o­na­le bank met ’n goeie re­pu­ta­sie bin­ne vyf dae e­lek­tro­nies ’n bank­re­ke­ning in A­me­ri­kaan­se dol­lar o­pen. Om ’n bui­te­land­se bank­re­ke­ning te hê, bied aan be­leg­gers die vol­gen­de voor­de­le:

’n Bui­te­land­se bank­re­ke­ning hou ve­le voor­de­le in, en dit is nie so tyd­ro­wend, kom­pleks of duur as wat jy dink nie.

Tyd:

Om­dat dit die eer­ste stap in die bui­te­land­se be­leg­gings­pro­ses is, gee dit jou meer tyd om huis­werk te doen oor waar en hoe jy wil be­lê, ter­wyl jy reeds die wis­sel­koers vas­ge­sluit het. Om jou geld te lank in ’n bui­te­lands ge­de­no­mi­neer­de bank­re­ke­ning te laat lê is nie aan te be­veel nie, want oor­se­se ren­te­koer­se is baie laag en jy kry dus by­na geen op­brengs op jou swaar­ver­dien­de geld nie.

S­paar­voer­tuig:

Ter­wyl die mees­te bui­te­land­se be­leg­gings­plat­forms mi­ni­mum hoe­veel­he­de sal hê wat aan­vank­li­ke en aan­vul­len­de be­drae be­tref, is daar geen mi­ni­mums be­trok­ke wan­neer jy jou ran­de na jou bui­te­land­se bank­re­ke­ning wis­sel nie.

Be­leg­gers wat dus nog nie ge­noeg fond­se be­skik­baar het om op ’n bui­te­land­se plat­form of in ’n spe­si­fie­ke bui­te­land­se be­leg­gings­voer­tuig te be­lê nie, kan hul bui­te­land­se bank­re­ke­ning ge­bruik om te spaar tot­dat hul­le ge­noeg het om ’n bui­te­land­se belegging te be­gin of aan te vul.

Ge­rief:

Som­mi­ge bui­te­land­se bank­diens­te­ver­skaf­fers sal jou van ’n Zar-bank­re­ke­ning én ’n re­ke­ning wat in ’n bui­te­land­se geld­een­heid ge­de­no­mi­neer is voor­sien, al­bei in jou naam. Die be­leg­ger sal sy Suid-a­fri­kaan­se ran­de dan eers in sy Zar-bank­re­ke­ning by dié in­stel­ling de­po­neer. Dit kan ge­doen word deur bloot plaas­lik via jou ge­wo­ne in­ter­net­bank­diens aan­lyn ’n be­guns­tig­de te skep en te be­taal. So­dra die geld in rand ge­de­po­neer is, kan die be­leg­ger bloot sy om­set­tings­a­gent kon­tak om sy be­ta­ling om te wis­sel na sy bank­re­ke­ning wat in ’n bui­te­land­se geld­een­heid ge­de­no­mi­neer is.

Deur­sig­tig­heid:

Daar is kos­te ver­bon­de aan die om­sit van jou ran­de in ’n bui­te­land­se geld­een­heid. Die om­set­tings­ta­rief is ge­woon­lik op die wis­sel­koers ge­grond en word in­ge­vor­der deur­dat ’n paar sent by­ge­voeg word by die prys wat jy vir die bui­te­land­se geld­een­heid be­taal.

As die rand/dol­lar-wis­sel­koers by­voor­beeld (soos in die me­dia ge­kwo­teer) R13,50 teen­oor die A­me­ri­kaan­se dol­lar is, sal jy R13,58 be­taal. Jy be­taal met an­der woor­de agt Suid-a­fri­kaan­se sen­te meer vir el­ke dol­lar wat jy koop. Die pro­ses is heel­te­mal deur­sig­tig en jou om­set­tings­a­gent sal vir jou die lo­ko­p­rys en die al­les­in­slui­ten­de prys kwo­teer en dit is die be­leg­ger se

keu­se om dit te aan­vaar of nie.

Ver­sprei­ding:

As jy ’n bui­te­land­se re­ke­ning het, kan jy jou ran­de stel­sel­ma­tig in ’n bui­te­land­se geld­een­heid om­ska­kel. Met dié dat die rand so wis­sel­val­lig is, be­veel ons aan dat be­leg­gers hul ran­de nie als te­ge­lyk om­ruil nie, want nie­mand weet of die rand­wis­sel­koers op ’n hoog­te­punt of laag­te­punt is of wat gaan ge­beur op die dag dat hul­le die om­ska­ke­ling wil doen nie. An­ders as wat baie men­se dink, hou dit geen voor­deel in om groot be­drae eer­der as klei­ner be­drae te ruil nie. Net die S­wift-ta­rief van so­wat R250 is ’n vas­te kos­te per ruil­tran­sak­sie en dit is ba­sies die mees­te wat jy as be­leg­ger by­ko­mend op el­ke ruil­tran­sak­sie be­taal.

As jy ’n bui­te­land­se re­ke­ning het, kan jy jou ran­de stel­sel­ma­tig in ’n bui­te­land­se geld­een­heid om­ska­kel.

Buig­saam­heid:

So­dra jou geld in jou eie bui­te­land­se bank­re­ke­ning is, kan jy in ver­skeie fi­nan­si­ë­le in­stel­lings be­lê; jy word dus nie tot ’n spe­si­fie­ke in­stel­ling be­perk nie. Jy kan jou bank­re­ke­ning ook ge­bruik vir de­bi­teu­re, kre­di­teu­re of an­der uit­ga­wes wat jy moont­lik in die bui­te­land kan hê. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za Mag­nus de Wet is ’n di­rek­teur van Vis­ta We­alth Ma­na­ge­ment, wat ’n ver­teen­woor­di­ger on­der toe­sig van Accre­di­net Fi­nan­ci­al So­lu­ti­ons is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.