Keer op eie ri­si­ko jou rug op diens­bil­lik­heid

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Mening - Deur A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber

die wie­le van ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se transformasie het blyk­baar vas­ge­val in die top­be­stu­re van Kor­po­ra­tie­we Suid-a­fri­ka as die jong­ste sy­fers ge­glo moet word. Teen dié tem­po sal die­ge­ne wat e­ko­no­mie­se vry­heid van­dag so drif­tig eis, dit nie in hul leef­tyd smaak nie. En dit is ’n uit­koms wat Suid-a­fri­ka­ners nie ge­du­ren­de die era van ge­wil­de slag­spreu­ke soos “wit mo­no­po­lie­ka­pi­taal” en “ra­di­ka­le e­ko­no­mie­se transformasie” kan be­kos­tig nie. Die ge­vol­ge kan een­vou­dig so­si­a­le en e­ko­no­mie­se self­moord wees – ver­al vir die pri­va­te sek­tor.

Toe die mi­nis­ter van ar­beid, Mild­red O­lip­hant, die ver­slag van die kom­mis­sie van diens­bil­lik­heid (CEE) vroe­ër in Mei uit­ge­reik het, het dit geen ver­ras­sings be­vat nie, maar het ge­kom met drei­ge­men­te van stren­ger boe­tes vir die nie-na­ko­ming van die diens­bil­lik­heids­be­leid.

Die ver­slag het die slak­ke­pas waar­mee e­ko­no­mie­se on­ge­lyk­heid in die land aan­ge­pak word, uit­ge­lig – en dit lyk am­per soos om ’n em­mer met een drup­pel wa­ter op ’n slag te vul op ’n tyd­stip waar die ge­tal­le men­se wat hon­ger vir e­ko­no­mie­se reg­ver­dig­heid is, skerp toe­neem.

Soos ver­le­de jaar, en al die voor­af­gaan­de ja­re, is die uit­voe­ren­de hoof­de van die land se pri­va­te maat­skap­pye steeds hoof­saak­lik wit. En dit sal ’n tyd lank nog die ge­val wees.

Ver­le­de jaar het Ci­ty Press be­re­ken dat top­be­stuurs­pos­te waar­skyn­lik teen on­ge­veer 2036 ’n ver­hou­ding van 50:50 tus­sen swart en wit sal be­reik – dis 20 jaar in die toe­koms in. Die Cee-ver­slag be­ves­tig dat dit lank sal duur om die de­mo­gra­fie te ver­an­der. Dit is net so kom­mer­wek­kend as wat dit on­aan­vaar­baar is.

Sy­fers in die Cee-ver­slag toon ’n ge­rin­ge toe­na­me van 0,1% in A­fri­ka­ne in top­be­stuurs­pos­te en ’n af­na­me van 0,4% in wit ver­teen­woor­di­ging. Die jong­ste ver­slag toon dat on­danks dat A­fri­ka­ne on­ge­veer 78% van die e­ko­no­mies ak­tie­we be­vol­king ver­teen­woor­dig, hul­le slegs 14,4% van die top­be­stuur in maat­skap­pye ver­teen­woor­dig. Wit­tes vul 68,5% van die top­be­stuurs­pos­te.

S­ta­tis­tie­ke soos dit kan toe­ne­men­de vy­an­dig­heid ver­oor­saak tus­sen die­ge­ne wat blyk­baar die vrug van e­ko­no­mie­se vry­heid ge­niet en die­ge­ne wat nie.

On­danks die diens­bil­lik­heids­be­leid is daar steeds veels te min A­fri­ka­ne in top­be­stu­re. Ter­wyl die pri­va­te sek­tor die skuld daar­voor voor die deur van die re­ge­ring lê, is een ding dui­de­lik: meer moet ge­doen word om on­ge­lyk­heid aan te pak, en gou ook.

Die mi­nis­ter het gou daar­op ge­wys dat dié s­ta­tis­tie­ke be­wys dat dit te gou is om daar­op aan te dring dat die diens­bil­lik­heids­be­leid ge­skrap word. Sy het dié ei­se as on­sin­nig be­stem­pel en het die vin­ger ge­wys na maat­skap­pye vir hul “fla­gran­te ge­brek aan ’n ap­tyt vir transformasie”.

Die ANC het haar voor­beeld ge­volg en so ook het or­ga­ni­sa­sies soos die Black Ma­na­ge­ment Forum en ge­or­ga­ni­seer­de ar­beid. Dié or­ga­ni­sa­sies kla nie net oor die klaar­blyk­li­ke ge­brek aan kor­po­ra­tie­we wil om te trans­for­meer nie, maar dring ook aan op stren­ger boe­tes teen die­ge­ne wat nie daar­aan vol­doen nie.

O­lip­hant het dit dui­de­lik ge­stel dat dit tyd is om stren­ger maat­re­ëls in te stel om die hui­di­ge on­der­ver­teen­woor­di­ging van swar­tes, vroue en ge­strem­des in top­be­stuurs­pos­te aan te pak. “Dit kan moont­lik die ‘stok’-ar­ti­kels van die Wet op Diens­bil­lik­heid in­sluit om­dat die ‘wor­tel’-ar­ti­kels nie die ver­lang­de re­sul­ta­te op­ge­le­wer het nie,” het sy ge­sê.

Som­mi­ge van die op­po­si­sie­par­ty ver­skil eg­ter daar­van. Die DA se ska­du­mi­nis­ter van ar­beid, Ian Ol­lis, het af­ge­maak wat hy die his­te­rie oor die sy­fers noem. Hy be­weer die jong­ste s­ta­tis­tie­ke toon die re­ge­ring het mis­luk om ’n ste­wi­ge stroom vaar­dig­he­de te ont­wik­kel om top­be­stuurs­pos­te te di­ver­si­fi­seer. An­ders ge­stel, daar word voor­ge­stel dat die oor­ver­teen­woor­di­ging van wit­tes in top­be­stuur­pos­te die ge­volg van ’n te­kort aan vaar­dig­he­de is.

Ja, vaar­dig­he­de is be­slis no­dig en meer be­hoort deur die re­ge­ring (en die pri­va­te sek­tor) ge­doen te word om ’n be­hoor­li­ke vaar­dig­heids­ba­sis te ont­wik­kel en om in ge­hal­te-on­der­wys te be­lê wat die jeug vir die mark voor­be­rei. Die re­ge­ring is glad nie son­der blaam in hoe die be­leid tot dus­ver toe­ge­pas is nie.

Maar nog­tans kan dit nie wees dat na 23 jaar van de­mo­kra­tie­se re­ge­ring die vaar­dig­heids­ba­sis steeds so klein is dat dit nie ’n

“Dit kan moont­lik die ‘stok’-ar­ti­kels van die Wet op Diens­bil­lik­heid in­sluit om­dat die ‘wor­tel’-ar­ti­kels nie die ver­lang­de re­sul­ta­te op­ge­le­wer het nie.”

groter ver­skui­wing in ver­teen­woor­di­ging tot ge­volg ge­had het nie – ver­al wan­neer dit kom by wit oor­heer­sing in top­be­stuurs­pos­te. Die Cee-ver­slag toon in­der­daad dat daar 41,5% pro­fes­si­o­neel ge­kwa­li­fi­seer­de swart A­fri­ka­ne teen­oor 37,5% wit­tes is. Maar vol­gens die ver­slag weer­spie­ël die in­diens­ne­mings­pa­tro­ne van maat­skap­pye dit nie nood­wen­dig nie en word wit­tes ver­kies.

Meer on­langs het groe­pe gra­du­an­di skie­lik o­rals in die land ont­pop as deel van die #hi­re­a­gra­du­a­te-be­we­ging. Die bood­skap was dui­de­lik, tal­le ge­gra­du­eer­des is, on­danks hul kwa­li­fi­ka­sies – steeds werk­loos.

’n Mens hoef net te kyk na die koe­rant­op­skrif­te om te sien dat die­ge­ne son­der werk, ver­al jong men­se, al hoe on­ge­dul­di­ger met die toe­drag van sa­ke word.

S­ta­tis­tie­ke soos dié in die Cee-ver­slag word dan ge­rief­li­ke am­mu­ni­sie wan­neer die jag­sei­soen op Kor­po­ra­tie­we Suid-a­fri­ka oop ver­klaar word. Daar is ’n be­roep ge­doen om wet­ge­wing te wy­sig wat sal toe­laat dat straf­maat­re­ëls in­ge­stel word teen maat­skap­pye wat nie aan die wet­ge­wing vol­doen nie, soos om hul­le te ver­bied om sa­ke met die re­ge­ring te be­dryf. Dié maat­re­ëls sal glad nie ver­ge­lyk kan word met die on­guns­ti­ge re­ak­sie van die bre­ër ge­meen­skap wan­neer per­sep­sies van ’n kor­po­ra­tie­we sek­tor wat blyk­baar on­wil­lig is om te trans­for­meer, deur po­li­tie­ke groot­doe­ne­rig­heid uit­ge­buit word nie.

Die kos­te hier­van sal veel swaar­der weeg as die kos­te van wat­ter ver­sko­ning ook al ge­op­per word om kor­po­ra­tie­we maat­skap­pye vry te spreek om­dat hul­le nie ten vol­le aan die be­leid vol­doen het om die e­ko­no­mie­se speel­veld ge­lyk te maak nie.

Kor­po­ra­tie­we Suid-a­fri­ka kan ’n groter rol speel om die on­ge­lyk­heid in ’n toe­ne­mend vy­an­di­ge en vlug­ti­ge ge­meen­skap van be­hoef­ti­ges reg te stel. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za A­li­ces­ti­ne Oc­to­ber is Net­werk24 se par­le­men­tê­re ver­slag­ge­wer.

Mild­red O­lip­hant Mi­nis­ter van ar­beid

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.