GOEIE

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Die Week -

A­ma­zon het sy 20ste be­staans­jaar as ge­no­teer­de maat­skap­py op 15 Mei ge­vier. Sy des­tyd­se no­te­ring was teen $18 per aan­deel. Met ’n toe­na­me van 63 990% se­dert sy aan­vank­li­ke o­pen­ba­re aan­bod (IPO) is A­ma­zon die bes­te A­me­ri­kaan­se no­te­ring se­dert 1995, vol­gens De­a­lo­gic. $100 wat met die IPO in A­ma­zon be­lê is, sou van­dag by­kans $64 000 werd wees. Ver­ge­ly­ken­der­wys is die to­ta­le op­brengs op die S&P 500 oor die­self­de tyd­perk on­ge­veer 300%, vol­gens ft.com. Ge­du­ren­de die dot­com-in­een­stor­ting het A­ma­zon se aan­deel­prys tot so laag as $5,51 ge­daal. Sy hui­di­ge mark­ka­pi­ta­li­sa­sie van $450 mil­jard klop dié van Wal­mart ($230 mil­jard), die groot­ste klein­han­de­laar met fi­sie­ke win­kels, ge­rief­lik, het ft.com be­rig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.