Uit­bre­king is waar­skyn­lik

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Eie Mening Markplek -

Soos baie staal­ver­vaar­di­gers wê­reld­wyd word Ar­cel­or­mit­tal Suid-a­fri­ka (Am­sa) deur ’n oor­aan­bod van staal, hoof­saak­lik deur C­hi­ne­se pro­du­sen­te, en sty­gen­de kos­te be­na­deel. Die maat­skap­py kon se­dert 2010 nie daar­in slaag om wins te maak nie.

Am­sa het op 12 Mei in ’n kwar­taal­ver­kla­ring ge­waar­sku dat die plaas­li­ke han­dels­toe­stan­de steeds moei­lik is. Die plaas­li­ke ver­ko­pe was vol­gens Am­sa ein­de Maart 3,4% min­der op ’n jaar­grond­slag, ter­wyl druk op die vraag voort­duur weens min e­ko­no­mie­se ak­ti­wi­teit en voort­ge­set­te in­voer. Vol­gens hom sal die uit­voer­ver­ko­pe weens swak in­ter­na­si­o­na­le pry­se ook druk on­der­vind. Daar­by het pro­duk­sie­pro­ble­me by sy Van­der­bijl­park­aan­leg tot ’n da­ling van 2,3% in die vloei­staal­uit­set ge­lei.

Am­sa waarsku ook dat daar steeds baie in­voer is, al is ’n in­voer­hef­fing van 10% in­ge­stel en het dit van 310 000 ton in die eer­ste kwar­taal van ver­le­de jaar tot 257 000 ton van­jaar ge­daal. Am­sa sê hy “meen steeds sterk dat ’n op­los­sing no­dig is om die stroom­af-be­dryf te be­skerm teen goed­koop af­ge­werk­te en half­af­ge­werk­te pro­duk­te wat steeds in­ge­voer word”. Daar word aan pro­ses­se ge­werk om op 1 Ju­lie vei­lig­heids­maat­re­ëls teen warm­ge­wals­te spoe­le in te stel. Hoe om hom te ver­han­del: Ar­cel­or­mit­tal ver­han­del tans aan die po­si­tie­we kant van ’n be­stek tus­sen 620 en 850 sent per aan­deel. Die drie­daag­se in­deks van re­la­tie­we sterk­te vorm sty­gen­de laag­te­pun­te (po­si­tie­we af­wy­king) en hy sal daar­om waar­skyn­lik po­si­tief uit­breek. Neem bo 850 sent ’n lang po­si­sie in, met die styg­tei­ken 1 080 sent. Let daar­op dat dié po­si­sie bin­ne ’n daal­ten­dens sal ont­staan; be­hou daar­om keer­ver­lie­se en hou hul­le goed dop.

Am­sa sal sy daal­ten­dens bo 1 080 sent laat vaar en nog ’n goeie koop­ge­leent­heid sal bo 1 105 sent ont­staan. Ver­my an­der­sins ’n lang po­si­sie en neem eer­der on­der 620 sent ’n kort po­si­sie in. Die daal­tei­ken sal 390 sent wees. Am­sa se al­ge­he­le laag­te­punt van 290 sent is in De­sem­ber 2015 ge­toets. ■ te­rug­voer@fin­week.co.za

Am­sa waarsku ook dat daar steeds baie in­voer 10% is, al is ’n in­voer­hef­fing van in­ge­stel en het dit van 310 000 ton in die eer­ste kwar­taal van ver­le­de jaar tot 257 000 ton van­jaar ge­daal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.