Be­sorg oor waar­da­sie

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Eie Mening Markplek -

Sygnia se aan­deel­prys het ge­daal na­dat hy ’n jaar ge­le­de 2 100 sent be­reik het, en was 1 200 sent voor die be­kend­ma­king van die vol­gen­de re­sul­ta­te, wat ein­de Mei be­hoort te wees.

By die skryf hier­van was daar nog geen han­dels­ver­kla­ring nie en ek ver­wag nie dat die re­sul­ta­te skou­spel­ag­tig sal wees nie. Die aan­kon­di­ging sal ook die be­son­der­he­de be­vat van die reg­te-uit­gif­te om vir Sygnia se aan­koop van Deut­sche Bank (DB) se vyf x-trac­ker- beurs­ver­han­del­de fond­se (ETF’S) te be­taal.

Die reg­te-uit­gif­te sal ver­wa­te­ring ver­oor­saak en al maak die aan­koop baie sin, word dit teen ’n prys-ver­dien­ste-ver­hou­ding (p/v) van so­wat 10 ge­doen. Sygnia sal eg­ter waar­skyn­lik die ETF’S se gel­de ver­laag, wat die aan­koop-p/v sal ver­hoog.

Ek hou van Sygnia se sa­ke­mo­del, maar is be­sorg oor die waar­da­sie. Die prys raak nou skaf­lik, maar ek wil die reg­te-uit­gif­te eers uit die pad hê. Ek raai die­ge­ne wat Sygnia reeds hou aan om te bly hou, want die erg­ste ver­ko­pe is waar­skyn­lik ver­by, al ver­wag ek nog da­lings in die vol­gen­de paar maan­de. ■

Die reg­te-uit­gif­te sal ver­wa­te­ring ver­oor­saak, en al maak die aan­koop baie sin, word dit teen ’n prys-ver­dien­ste­ver­hou­ding (p/v) van so­wat tien ge­doen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.