In­te­res­san­te nu­we no­te­ring

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Markplek Simon Sê -

’n Paar le­sers het my on­langs ge­vra wat met die no­te­ring van Fo­re­sig­ht So­lar Fund aan die gang is. Wel, die no­te­ring is ge­kan­sel­leer. Die re­des daar­voor is die “on­lang­se mark­vo­la­ti­li­teit wat be­leg­gers se ap­tyt in Suid-a­fri­ka na­de­lig raak” en die feit dat sy B­rit­se be­leg­gers­ba­sis al die aan­de­le op­ge­neem het wat hy wou uit­reik. Dit is in­te­res­sant dat die no­te­ring twee dae voor die ka­bi­net­s­kom­me­ling en die daar­op­vol­gen­de af­gra­de­rings ge­kan­sel­leer is. Met Fo­re­sig­ht nie op pad nie, het ons da­rem ’n an­der in­te­res­san­te nu­we­ling, A­fri­can E­ner­gy Part­ners, wat be­plan om op 1 Ju­nie te no­teer. Hy gaan as spe­si­a­le­doel-ver­kry­gings­maat­skap­py (SDVM) no­teer om tus­sen R400 mil­joen en R500 mil­joen te ver­kry. As SDVM sal hy met sy no­te­ring net kon­tant be­sit, dus stel ek nie be­lang tot­dat hy vol­gens die Sdvm-re­ëls ’n tran­sak­sie met die ver­kreë geld aan­gaan nie. Ek wil ook sien of hy dié groot klomp geld in die heer­sen­de e­ko­no­mie­se toe­stand kan ver­kry.

Ek hou my aan­de­le­be­sit

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.