DROOG­TE JAAG ROOIVLEISPRYSE OP

Finweek Afrikaanse Uitgawe - - Fynkam Landbousektor -

Die ramp­droog­te het mee­ge­bring dat die na­si­o­na­le bees- en skaap­kud­des met ge­mid­deld 15% tot 18% ver­klein moes word. Só sê Ger­hard S­chut­te, die uit­voe­ren­de hoof van die Na­si­o­na­le Rooi­vleis­pro­du­sen­te-or­ga­ni­sa­sie (RPO). “Waar die droog­te ge­breek is, moet boe­re nou ’n mid­de­weg vind tus­sen voort­ge­set­te vleis­be­mar­king en die her­op­bou van hul kud­des wat drie jaar kan duur vir klein­vee en vyf jaar vir bees­te. ’n Ver­de­re im­pak van die drooog­te is rooivleispryse wat met ge­mid­deld 25% ge­styg het, skaap­vleis met 20% en speen­kal­wers met 50%.”

A­ch­mat B­rink­huys, voor­sit­ter van die SA Pluim­vee­ver­e­ni­ging (SAPV), be­weer dat die stor­tings van pluim­vee­vleis in Suid-a­fri­ka deur oor­se­se me­de­din­gers dié be­dryf meer ge­knou het as die ramp­droog­te se swak mie­lie-oes in 2016 en duur­der voer­pry­se. So­wat 18 mil­joen braai­kui­kens per week word plaas­lik ge­pro­du­seer, ter­wyl 8,5 mil­joen in­ge­voer­de braai­kui­kens per week oor die af­ge­lo­pe ses maan­de hier ge­stort is. Die laas­te jaar is plaas­li­ke pro­duk­sie met so­wat 8% in­ge­kort.

“As ge­volg van bo­ge­noem­de fak­to­re het die prys van plaas­li­ke hoen­der­vleis met on­ge­veer 12,5% ge­styg, ter­wyl duur­der voer daar­toe ge­lei het dat ei­ers nou so­wat 7,5% duur­der is.” So­dra van­jaar se mie­lie-oes be­skik­baar word, sal voer­kos­te na ver­wag­ting met on­ge­veer 10% daal. ■ Af­ge­sien van die af­ge­lo­pe sei­soen se goeie neer­slae in die so­mer­re­ën­val­ge­bie­de, het meer doel­tref­fen­de boer­de­ry­prak­ty­ke en teg­no­lo­gie groot­liks daar­toe by­ge­dra dat Suid-a­fri­ka die twee­de groot­ste mie­lie-oes in sy ge­skie­de­nis ver­wag. wys daar­op dat pro­du­sen­te die ver­moë ont­wik­kel het om baie hek­ta­re in kort tye aan te plant. In­ge­vol­ge die Na­si­o­na­le Oes­skat­tings­ko­mi­tee (NOK) se der­de skat­ting vir so­mer­gra­ne vir die 2017-’18-be­mar­kings­jaar word ’n al­ge­he­le mie­lie-oes van 14 535 700 ton ver­wag. Wat die ge­mid­del­de op­bengs be­tref, word ’n nu­we re­kord van 5,46 ton/ha ver­wag. Ver­ge­le­ke met ver­le­de jaar se 3 408 500 ton wit­mie­lies, dui die jong­ste skat­ting op ’n oes van 8 618 400 ton en ’n op­brengs van 5,25 ton/ha. Die ge­skat­te geel­mie­lie­pro­duk­sie vir die sei­soen is 5 917 300 ton teen­oor ver­le­de jaar se 4 370 000 ton. Die ver­wag­te geel­mie­lie­op­brengs vir die sei­soen is 6 ton/ha. Se­dert die mid­del van ver­le­de jaar het so­mer­graan­pry­se re­de­lik skerp ge­daal wat tot ’n af­na­me in voed­selin­fla­sie sal lei. Weens ’n baie be­perk­te oes in 2016 het so­mer­gra­ne ’n jaar ge­le­de teen re­kord­vlak­ke ver­han­del, ter­wyl dit nou teen uit­voer­pa­ri­teit ver­han­del. Die pry­se het ver­le­de jaar ’n hoog­te­punt van on­ge­veer R5 000/ton be­reik vir wit­mie­lies ter­wyl die geel­mie­lie­prys ’n vlak van R4 100/ton be­reik het. Tans ver­han­del wit­mie­lies teen R1 890/ton en geel­mie­lies teen R2 000/ton. ■

Lu­an van der Walt E­ko­noom van Graan SA

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.